Home
Afrikaans

Arbeid en Arbeidstekort in die Kaap Koloniale tydperk  1
Arbeid en Arbeidstekort in die Kaap Koloniale tydperk  2



Arbeid en Arbeidstekort in die Kaap Koloniale tydperk. Bladsy2

Om Nederlandse landgenote na die Kaapkolonie te stuur word positief ontvang.

Dit word goed gevind dat Nederlandse wese na die Kaapkolonie uitgestuur word veral wat betref die menigte uitgeteerde wese wat in die winter half geklee en bibberend van die koue in die strate van Nederland ronddwaal smekende vir 'n aalmoes of 'n stuk brood, dié kry hulle wel maar môre keer dieselfde elende weer terug.
Hoeveel arbeiders, ambagsmense en diensbodes in die kolonie geplaas kon word was moeilik om te bepaal. In Graaff-Reinet, kon seker 200 manne en jonges en 200 vroue of meisies geplaas word. Hulle beloning hang af van bekwaamheid.
Op die wyse kon Nederlandse landgenote en weeskinders behulpsaam wees om op 'n eerlike wyse hul brood te verdien.VCS VIII. Page 202 - 206. Brief aan Heldring. 28 Junie 1853.

Uieindelik word Nederlandse landgenote nie na die Kaapkolonie gestuur nie, maar wel jeugdiges.

Kommissies wat te doen gehad het met die uitsending van kinders na die Kaap.

Daar was in plek De commissie ter overzeding van jonge lieden als dienstboden naar Kaap de Goede Hoop. Dié was in verbinding met die kommissie wat op 6 Sept. 1855 in Graaff-Reinet gevorm is by name van die Graaff-Reinet Kommissie (Graaff-Reinet Emigratie comité).
In laasgenoemde dien Meindert Noome as sekretaris en tesourier, die parlementslid J.F. Ziervogel, dien as voorsitter en J.J. Meintjies (ook 'n parlementslid) as visie voorsitter. Ander lede was:
J.H. Cloete, H.A Enslin (Veldkornet), Dr. Feurzen, C.H. Grisbrook (Parlementslid), J.I. Leeb, F. Liesling (Landbouer), Dr. Maasdorp, J.J. Meintjies (Lid van die gemeente bestuur), J.C. Naude, J.J. Naude, G. Niekerk, H.A. Vorster en B.J. Wilke (Lid van die gemeente bestuur).
Die hoofkommissie het bestaan uit; Ds. O.G. Heldring, Regter Jnr. F.W.A. Beelaerts van Blokland, die Amsterdamse Koopman J.L. Grefory Pierson, Ds N.H de Graaff en die gewese Amsterdamse bankier J. Rooseboom.

Die uitsending van kinders ( jeugdiges) na Graaff-Reinet verwesenlik 1856 - 1858

Eerstens moet hier genoem word dat die invoer van kinders na Suid Afrika nie 'n vreemde verskynsel was nie:
The Dutch imported orphan girls as wives for the colonists; the British imported Irish girls as wives for the German legionaires in the Border Districts; and the Children's Friend Society in England sent boys as apprentices in 1840.
Daar word beweer dat hierdie projek om Nederlandse jeugdiges na Graaff-Reinet te bring maar net nog een van vele pogings was om kulturele bande met Holland te hervestig.
Pogings om Nederlandse nedersettings in Suid Afrika te vestig was ook nie vreemd nie. Daar was soortgelyke ondernemings. Hier dink ons aan Jacobus Stuart. Sy plan om 'n aantal Nederlanders in die Lydenburg distrik te vestig het klaaglik misluk. Dit was in die jaar 1853/54.
Stuart was afkomstig uit Velsen in Noord-Holland. In 1851, verhuis hy na Suid-Afrika. 'n Ander Nederlander by name van Van Hogendorp (1762 - 1834) wou 'n outenome Nederlandse volksplanting by Houtbaai vestig.
Die Natalse suikerboer T.C. Colenbrander (1811 - 1881) se plan om Nederlanders as arbeiders in te voer is in 1856 deur die Natalse uitvoerende raad goedgekeur. Ongeveer 90 arbeiders uit hoofsaaklik Gelderland het in 1858 - 1859 in Port-Natal aangekom. Colenbrander se nedersetting het bekend gestaan as Nieuw- Gelderland.

Die beplande Reistog van Nederlandse kinders (jeugdiges) na die Kaapkolonie

Die kinders reis vanaf Nederland na die Kaap. Met hul aankoms in Tafelbaai begin die reis na Algoabaai in PE. Daar aangekom klim die kinders oor in ossewaens waarmee hulle vervoer word na Graaff-Reinet. Dié het sowat 18 dae geduur.

Aantal kinders en die skepe waarmee hulle in die Kaap aangekom het

Die getal kinders hier ter sprake was bestem vir Kaapstad en Graaff-Reinet, onderskeidelik.
Na berekening het sowat 385 Nederlandse kinders uit onder andere Amsterdam, Delft, Den Helder, Kampen, Enkhuizen, Haarlem, Leiden, Neijmegen, Rotterdam, Tiel en Utrecht tussen 1856 - 1860 in die Kaap aangekom, aldus die verslag van Beelaerts. 'n Ander bron wys op 700 kinders?
Sowat 132 Hollandse kinders, tussen die ouderdomme 12 en 14 jaar, het uiteindelik Graaff-Reinet binnegekom.

Zalt Bommel (1856) - Op Desember 13, 1855, het Meindert vir 75 kinders aangevra. 9 Maande later, op 13 Augustus 1856 verlaat die Zaltbommel Rotterdam met 28 seuns en 8 meisies aanboord. Hulle was bestem vir Kaapstad. 'n Verdere 45 seuns en 12 meisies was bestem vir Graaff-Reinet. Die skip arriveer op 27 November 1856 in Tafelbaai. Maar toe die Zaltbommel vertrek na Algoabaai loop die skip op die rotse by Tafelbaai. Die ongedeerde passasiers word later aanboord die Orix na P.E. vervoer.

Joan (1857) - Kinders net bestem vir Kaapstad.

Henriette (1858) - In Desember 1858, twee jaar na die eerste groep van 57 jeugdiges, het die tweede groep van 44 seuns en 5 meisies, insluitende 15 volwassenes en 7 kinders gearriveer. Daar was volgens gegewens pokke op die Herriette en dat alle klere en beddegoed verbrand moes word by die wolwassery te Adendorp voor hulle Graaff-Reinet kon binnekom. Die tweede groep was ook die laaste groep wat deur die Graaff-Reinet kommissie na Suid Afrika gebring is.

Bulgerstein (1859) - Kinders net bestem vir Kaapstad.

Provincie Drenthe (1860) - Kinders net bestem vir Kaapstad.

Die uitsending van kinders (jeugdiges) na Graaff-Reinet word gestaak

Die verhaal rondom die uitsending van Nederlandse kinders (jeugdiges) kan sekerlik met gemengde gevoelens benader word, aldus koerant berigte. Uit die aard van die saak was daar probleme, beskuldigings van verwaarlosing van die kinders, ongehoorsaamheid aan die kant van sommige van die kinders, ens. "A local correspondent called 'Crowquill', took up the defence of the immigrant children. "Interesting was his comments in the Graaff-Reinet Herald of October 26, 1861. He had thought the instruction of the juvenile immigrants unwise - a kind of slavery. "was i wrong? Ask those, who, with me, have watched the gradual fall of those little strangers; ask those poor girls who sang so sweetly....on their arrival here, but now alas! - have sunk to the lowest depths of degration....ask those youths, who carried away by the force of temptation, now labour in the chain gang, clothed with convict garb."

He asked whether employers, guardians, and church had done their duty? He goes on by saying that they were treated in the same way as the coloured classes in the kitchen and the Hottentots.... The roughest kind of labour is demanded from them....

Although many of the children seemed to be weak characters, probably due to their background, many masters were not qualified to undertake the care of such a major responsibility.

Swak karakters was daar wel. Uit 'n aantal verslae is dit duidelik dat sommige van die jeugdiges ongehoorsaam was en onbehoorlike gedrag geopenbaar het. Van hulle was ook skuldig aan diefstal. En dan het ook baie van hulle weggeloop.

Grey se "Immigration Scheme"

'n Ander groot teenwig wat ingewerk het teen die uitsending van Nederlandse jeugdiges was die destydse regering en Grey se Immigration Scheme wat in 1859 in werking getree het.