Resepte Afrikaans - Kelkies                          Na: Uit die Kombuis                       Home

Kelkies

Inhoud
Rabarberkelkie
Druiwekelkie
“Claret Cup” I (Kelkie)

Rabarberkelkie
½k    Rabarbersap
½k    Pynappelstroop
1e     Lemoensap
1e     Suurlemoensap
Gebreekte ys
Kook rabarber (die rooskleurige stingels is die mooiste) wat in stukkies gesny is, met `n gelyke deel water tot dit sag is.  
Syg dit deur `n deursygdoek en meet die vloeistof.  Voeg 2/5k suiker by vir 1k sap enkook weer 2 min. lank.
Voeg by ½k rabarbersap, ½k pynappelstroop van ingemaakte pynappels of kook die skil en die stronk van 1 pynappel
15 min lank met ½k water en ½k suiker.  Syg dit deur en gebruik.
Voeg die lemoen- en die suurlemoensap by en skud dit goed saam in `n bottle.
Sit 2 e gebreekte ys in elke glaie en gooi die mengsel daarop.  Dien dit dadelik yskoud op
L.W. Hierdie hoeveelheid sal genoeg vir 4 glasie wees.

Druiwekelkie
2k     Druiwesap
3e     Suurlemoensap
2k     Gemmerlimonad (ginger-ale)

Was die druiwekorrels en maal hulle met `n meule.  Gooi dit deur `n sif om die sap deur te syg.  
Voeg die suurlemoensap by.
Laat dit baie koud word en voeg die gemmerlimonade by net voordat dit opgedien word.

“Claret Cup” I (Kelkie)
2     Bottels Claret
½k     Brandewyn
2     Bottels Sjampanje
2     Bottels Sodawater
2     Suurlemoene
55g Suikerklontjies
Ys

Sit `n mengbak in `n bak met ys
Gooi die Claret, brandewyn en die sap van 2 suurlemoene daarin.
Vryf die suiker in die suurlemoene se skil en stamp dit goed in met `n houthammer. Voeg dit by die mengsel en laat dit
1-uur lank staan.
Verwyder die skille en voeg die sjampanje en die sodawater yskoud by net voordat dit opgedien word.