Resepte Afrikaans - Slaaisouse                         Na: Uit die Kombuis                       Home

Slaaisouse

Inhoud
Lekker slaaisous
Franse slaaisous
Ekonomiese "Mayonnaise"

Lekker slaaisous
125ml tamatiesap, vars of ingemaak    
15ml suurlemoensap of asyn
10ml suiker (na keuse)
5-10ml gerasperde ui
1ml sout
knippie peper

Meng goed en gebruik vir groenteslaaie.

Variasies:
1.  Voeg 15ml fyngekapte pietersielie of soetrissie by.
2.  Voeg 3ml mosterd en 'n tikkie rooipeper by.

Franse slaaisous
15ml asyn of suurlemoensap
50ml olie
1ml peper
2 ml sout
5ml suiker (na keuse)

Gooi al die bestandele in 'n fles en skud goed.
Dié slaaisous hou baie lank goed in die koelkas.

Variasies:
1.  Voeg 15ml gekapte ui of 1 fyngekapte knoffelhuisie by.
2.  Voeg 10ml blatjang by.
3.  Voeg 'n knippie kerriepoeier of mosterd by.
4.  Gebruik in plas van die asyn 'n kombinasie van vrugtesappe, bv. lemoen, pynappel, pomelo, suurlemoen.

Vrugte Room Fondue
250 ml room
200 ml vrugtepuree ( aarbeie, piesang, ....)
125 ml versiersuiker
12, 5 ml mielieblom
         Koek en beskuitjies vir bediening
Meng al die bestanddele in fondue kastrol. Verwarm en roer aanhoudend tot glad en dik. Bedien met sponskoek en
beskuitjies.

Ekonomiese "Mayonnaise"
1 eiergeel
3ml droë mosterd
5ml sout
10ml sout
125ml olie
knippie peper
45ml asyn of suurlemoensap

Sit die bestandele in 'n bak maar moenie meng nie.

Maak 'n sous van die volgende:
25ml margarien of botter
30ml meelblom
125ml water

Smelt die margarien of botter in 'n kastrol.Haal van die stoof af en roer die meel by. Verhit en roer die water stadig by.  
Kook 3min lank.Gooi die kokende mengsel by die bestandele in die bak en klop totdat dit dik is.Dit duur net 'n paar sekondes.
Die slaaisous is lekkerder as dit 'n dag of twee staan voordat dit gebruik word. Dit sal by kamertemperatuur omtrent drie
weke lank goedhou en maande lank in die koelkas.