Onthaal met kaas

Die popularitiet van kaas-en-wynonthale het met die tyd toegeneem en te oordeel na die aantal, navrae
wat gereeld ontvang word, sal dit `n gewilde manier
van onthaal bly.

Die tyd wat aan die voorbereiding van `n kaas-eb-wynonthaal bestee word is minimal en die opruim
na die onthaal is baie maklik omdat daar feitlik
geen skottelgoed behalwe glase is nie.


Dek van die tafel vir kaas-en wynonthaal:

Tafeldoek
`n Grofgeweefde tafeldoek is baie geskik omdat
dit mooi inpas by die informele gees van n kaas-
en-wynonthaal.  Om meer deftig te wees kan `n
mooi kanttafeldoek oor `n helderkleurige tafeldoek
gegooi word.
Eetgoed kan op mooi matjies of in houers geplaas word, sodat die tafel nie vlek nie.

Vrugterangskikking
`n Vrugterangskikking laat `n kaas-en-wynonthaal feestelik vertoon en gee kleur.  Die vrugte moet
ook mooi blink gevryf word.

Kaasborde
Houtplanke dien gewoonlik as kaasborde maar
vir hierdie deftige geleentheid kan die borde met
foelie oorgetrek word.  
`n Mooi silwer bord is natuurlik nie te versmaai
nie, maar plaas tog `n paar lae foelie onder die
kase sodat daar nie direk op die silwer gesny
word en die oppervlak beskadig word nie.

Kaasmessies
Laat twee messies per kaasbord toe.  As u nie
regte kaasmessies het nie kan u gewone groentemessies gebruik.

Eetgoed
Soos die naam aandui - kaas en wyn, maar bykomstighede soos beskuitjies, brode, doop-
souse, ens is ewe belangrik.

Kaas
Daar kan gekies word tussen `n wye verskeiden-
heid kaase: nl: Cheddar, Gouda ens.  
`n Verskeidenheid van 6-7 tipes kaase is heel-
temal voldoende.
Plaas `n vlaggie met die naam van elke kaas
daarop, sodat u gaste wee twat hulle eet.  
Bedien kaas teen kamertemperatuur.  
Moenie kaas  langer as n uur voordat die gaste opdaag, uit die yskas uithaal nie, anders word dit olierig en droog.  Plaas groterige stukkie kaas op
die borde (300-500g) klein blokkies lyk deurmekaar
en droog vinnig uit.
Sterkgegerude en delicate kase hoort nie direk
langs mekaar op u kaasborde nie. Moet nooit kaas
op slaaiblare rangskik nie of dit aan gesnyde
tamaties laat raak nie, dit maak die kaas ons-
maaklik.  Hou blaarslaai, radyse, jong uitjies en
ander groentesoorte apart van die kaas.
Sny die waslagie van kaas soos Gouda en beleë Cheddar bo en onder af, maar los die lagie aan die kant.  Die skilletjie van sommige kase soos Camembert en Brie word natuurlik nooit verwyder
nie, omdat dit wel ge-eët word.  U kan gerus
hierdie tipes eksotiese kase net so in hul foelie-omhulsel op u kaasbord aanbied.

Wyn
Witwyne word gewoonlik koud bedien, maar
rooiwyne ten kamertemperatuur.  Jonger rooiwyne moet so `n uur voor die tyd oopgemaak word.  
Plaas net so 40% van die bskikbare bottles op die tafels. Verwyder leë bottles van tafels af.  Appelsap
en druiwesap kan bedien word vir die gaste wat nie alkohol gebruik nie.  Vra u naaste wynhandelaar
om u te help met die keuse van wyn. Plaas glase
in groepies op die tafel.  Net een glas per persoon
is nodig en ongeveer `n ½ bottle per persoon.  
Verskaf ekstra tafels vir die res van die wyne en
glase.  Tulpvormige glase vir die wyn. Vonkelwyn
kan bedien word sodra die gaste opdaag en
dadelik gedrink word.  Sorg ook vir genoeg vrugtesappe bv. Appeltiser en Ligui-fruit op warm
dae.

Koffie
As u verkies, kan u aan die einde van die onthaal
koffie bedien met iets soets bv. Melktert, vrugte-
koek of koeksisters.

Bediening
Elke gas help hom-/haarself.  `n Mens kies eers
jou wyn en hou die glas in een hand vas.  Met die ander hand sny jy n porsie kaas af. Brood word met die hand gebreek.  Brood kan ook vooraf gesny
word en met botter gesmeer.  Knoffelbrood kan ook gebruik word. Wanneer u van die doopsouse wil eet, doop u `n aartappel-Blaartjie, stukkie brook of n beskuitjie daarin.  Doopsouse moet nie te dik
wees nie.  
Vrugte is deel van die onthaal en dit kan gerus
ge-eët word.
Geregte wat by `n deftige geleentheid , soos `n silwerhuweliksherdenking, van pas sal wees is bv. Salmmousse, blouskimmelkaastert en gerookte snoek.
Resepte Afrikaans - Kaas en Wyn 1  
Uit die Kombuis                                                Home

Kaas en Wyn                     1      2        3

Salmmousse
500g    rooi salm     
60 ml   asyn
60ml    suurroom
12,5ml   bereide peperwortel
60ml     suurlemoensap
1 pakkie   gelatien
5ml      sout
5ml      bereide mosterd
125ml  room
125ml  gerasperde Cheddarkaas

Metode
Dreineer salm, verwyder grate en vel.  Vlok salm in `n mengbak met twee vurke.  Maak `n pasta van die salm en asyn met behulp van `n elektriese versapper.  Skep in `n groot mengbak en vou suurroom en peperwortel in.  Verdun suurlemoensap met 60ml water en sprinkel gelatien bo-oor.  Laat week vir 5min.  Smelt oor kookwater.  Roer opgeloste gelatien saam met sout en mostrd in die salmmengsel in.  Vou die geklopte room en kaas in.  Skep in `n vorm en plaas in yskas vir minstens 4 1/2 uur, of tot gestol.  Bedien met vars broodrolletjies
of beskuitjies.

    

Blouskimmelkaastert
250g   broskorsdeeg
Vulsel
250g     gladde maaskaas
175g     blouskimmelkaas, gerasper
      3      eiers
250ml     room
15ml     pietersielie - gekap
15ml     uiesap
              sout en varsgemaalde swartpeper.

Metode
Voer `n groot of twee kleiner randtertbakke met broskorstertdeeg.  
Prik die bodem deeglik en verkoel 30 min lank.  Meng die blouskimmelkaas, maaskaas, pietersielie en uiesap.  Klits room en eiers saam en voeg dit by die kaasmengsels.  Meng deeglik en geur volgens smaak.  Gooi die mengsel in die tertkors.  
Bak dit 30-40 min lank in die onderste gedeelte van
die oond wat verhit is tot by 200°C totdat die tert pofferig en goudbruin is.  Bedien dit koud of warm.

Korslose snoek en uietert
ui, fyngekap
25g     botter
250g   gerookte snoek
100g   beleë Cheddarkaas
`n Tikkie rooipepper
2 eiers
250ml melk
5ml mosterdpoeier
25ml meelblom
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Smeer `n pasteiskottel (22 cm deursnit).  Braai die ui
in botter in `n pan goudbruin.  Bedek die boom van die pasteiskottel met die gebraaide ui.  Verwyder alle vel
en grate van die snoek, vlok en bedek met die ui.  Rasper die kaas en besprinkel die snoek daarmee en voeg `n goeie tikkie rooipepper by.  Klits eiers, melk, mosterdpoeier en meelblom en geur na smaak.  
Giet die vla oor die kaas en bak 30-40min lank teen 180°C
in die oond tot gepof en goudbruin.
Vir `n kaas-en-wynonthaal waarby u nie ander geregte bedien nie, beveel ons die volgende bykomstighede aan.  
Die hoeveelhede is voldoende vir 50 gaste vir `n onthaal wat 3-31/2 uur duur:

5kg kaas in totaal-
Blouskimmelkaas 1kg    
Cheddar 1kg
Gouda 1kg

Plus 4 van die volgende:
Havarti          (rommerige, soet smaak)
Camemberi     (geurig, pikant, maar sterk)
Gerookte kaas     (gerookte smaak)
Provolone     (Geurige, pikante smaak)
Tilsiter          (geurige, pikante smaak)
Rosetta          (skerp, peperagtige smaak)
Brie               (aangename, romerige )
Drakensberg     (romerige smaak)
Marisch          (aangename, skerp smaak)

Gemengde soutbeskuitjies     1,5kg
Grondboontjies               1kg
Rosyne                    1kg
Aartappelskyfies          4 pakkies
Kaaskrulle               2 pakkies
Agurkies               500g
Swart olywe               500g
Groen olywe               500g
Gekleurde uitjies          3 bottels
Franse brode               3
Knoffelbrode               3
Botter                         500g
Tandestokkies               1pak
Pietersielie vir garnering vir kaasborde
2 verskillende doopsouse