Gemmerbier en Gemmerkoekies                                         Uit die Kombuis                                Home

Doen dit met gemmer. Gemmerbier en Gemmerkoekies

Gemmerbier 1
10 liter water 1,5 kg witsuiker
1 koekie (25g) saamgeperste gis 50 ml rosyntjies met pitte
1 bottel (750 ml) lemoen- of suurlemoenkwas
750 ml sodawater
50 ml gemaalde gemmer
Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet word.
Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is. Verkrummel die suurdeeg daarin.
Voeg die rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot gemeng
Laat die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan.
Roer dit af en toe om.
Suig die mengsel na 24 uur deur en gooi dit in houers. Spoel die rosyntjies af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies.
Laat die bier 12 uur lank by kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.
Lewer 13 liter gemmerbier.

Gemmerbier 2
Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water. Giet in 'n vaatjie en voeg 1 kg suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde
suurlemoene by. Wanneer die mengsel afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan. Syg deur, gooi in
erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed wees vir gebruik.

Gemmerbier 3
4 x 500 ml suiker 20 x 250 ml kookwater
5 ml droë gis 50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer 12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van bestanddele by.
Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.

Gemmerkoekies
8 k (1kg) meelblom
250 g (1/2 pd) botter
1 k suiker
1 eier
500 g (1 pd) goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
1/2 k melk
1/2 t sout
Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik Voeg die goue stroop by.
Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel.
Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladdy stywe deeg vorm.
Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C (350 grade F).
Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies

Gerda Gemmerkoekies
500 g margarien
1 kg geelsuiker
5 eiers
500 g goue stroop - maak lou in kookwater
1,5 kg koekmeel
15-20 g koeksoda
15-20 g kremetart
50 ml fyn gemmer
5 ml sout
Room margarien en suiker. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop by.
Meng droë bestandele saam. Voeg droë bestandele by margarien mengsel.
Los oornag in yskas.
Maak balletjies - druk met vurk plat.
Bak by 180-200 grade C maak barsies waar gedruk is met vurk.
Gemmermannetjie groete