Home
Afrikaans


Swemdrag

Die ideale swemdrag wat jou sal pas.
Vir die meeste vroue is dit n frustrerende ondervinding wanneer dit kom by die koop van nuwe swemdrag. Die rede hiervoor is eenvoudig - Jy wil goed lyk in die swemdrag van jou keuse. Deur goed te voel oor jouself en hoe jy in die swemdrag lyk sal jou vrymoedigheid gee om jouself op die strand te geniet....daardie vertroue gee om te gaan swem of bloot net rond te beweeg tussen ander baaiers. Uiteindelik is jy die enigste persoon wat weet wat jou te vrede sal stel.
Dit is dan van belang om die regte styl swemdrag, die materiaal, grootte en kleur te kies wat by jou persoonlikheid en liggaam pas.

Een- stuk swemdrag
Vir menige vroue is een-stuk swemdrag ideaal. Nie alles word onthul nie, net genoeg om dinge interessant te hou.
Die uiteindelike gedagte is om die beste bates van die liggaam te beklemtoon en die minder aantreklike dele te verberg.
Dit is ook belangrik dat die een-stuk gemaklik is om te dra. Dit moet nie insny onder die arms nie. Of dele beklemtoon wat nie beklemtoon moet word nie. Vermy n een-stuk wat jy reken jou sexy laat voorkom maar in die werklikheid die teenoorgestelde lewer. Nie alles wat modern of sexy is sal jou noodwendig pas nie.
'n Een-stuk met n kurwe lyn is n bate waar kurwes ontbreek.
'n Een-stuk bied ook groter beskerming teen sonbrand.
Iemand met n lang lyf moet een-stukke met n hoog gesnyde nek lyn vermy, so ook lang op en af strepe en donker soliede kleure.
Om in die see te gaan baljaar sou dit waarskynlik beter wees om in n een-stuk geklee te wees.


Goeie raad:
*Koop die regte grootte swemdrag. Daar is n wye keuse swemdrag wat jou liggaam sal komplimenteer.
*Kyk uit vir die regte kleure. Veral wit en geel het n neiging om deur te skyn as dit nat word.
*Gaan vir sintetiese materiaal.
*As jy kort van struktuur is sal jy wil gaan vir iets wat jou langer laat vertoon. n Effens oorgewig liggaam sal skraler vertoon met vertikale lyne. Vermy groot en onaantreklike druk patrone, dit is nie vleiend nie.
*Bly weg van "boy shorts".
*Vir kort bene en n kort middel kies iets wat hoog opgesny is in die heupe. Dit sal jou ook sexy laat voorkom.
*n Dame wat graag "flirty" wil voorkom sal graag iets kies wat haar liggaam meer sal beklemtoon.

Vir die vol figuur dames is die gedagte rondom swemdrag en die besoek aan die strand heel ongemaklik. Maar met die nuwe vloed van ongelooflike style en ontwerpe van plus grootte swemdrag word die probleem opgelos.

Bikinis
Gaan vir twee-stuk bikinis wat die meeste maak van n mooi liggaam. Hier kan die persoonlike keuse val op soos byvoorbeeld die gewone bikini soos ons dit ken. Of die kleiner as gewone bikini ( G Strings)


Of n "tankini" - n bikini met die verskil dat die boonste deel "top" langer is en daarom net n klein deel van die maag ontbloot. In die oorsese mark is die "tankini" baie gewild.


'n Skirtini kan moontlik in jou smaak val. Besoek Fashion About om meer te sien van skirtinis


Geniet die strand en die see. En waak teen onnodige sonbrand.