Resepte Afrikaans - Piesang Resepte                       Na: Uit die Kombuis                       Home

Piesang Resepte

Inhoud
Piesang en Ham
Krummelpiesangs
Piesangkerse

Piesang en Ham
Neem soveel piesangs as wat nodig is en rol elke piesang in n skyfie ham wat liggies met mosterd
gesmeer is.
Rangskik langs mekaar in `n oondskottel.  Gooi `n blikkie suikermielies oor en bedk met gerasperde Cheddar-kaas.
Sit in `n matige oond totdat die hele gereg deur en deur warm en lig-bruin van kleur is.

Krummelpiesangs
1 eier
1 ml sout
12,5 ml suurlemoensap
3 piesangs
broodkrummels

Klits die eier deeglik. Roer die sout en suurlemoensap by.  
Sny die pieangs in die lengte middeldeur en doop elke stukkie in die eiermengsel.
Rol in broodkrummels.Bak ongeveer 2 min in diep vet.
Dien dadelik op as `n bygereg by vleis.
       Lewer 3 porsies.

Piesangkerse
3 piesangs
25 ml suurlemoensap
6 pynappelringe
25 ml mayonnaise
 3 versuikerde kersies

Sny die piesangs in die breedte deur, doop in suurlemoensap en rangskik elke stuk regop in `n pynappelring.
Drup mayonnaise langs die kante van die piesangs.
Steek `n halwe kersie met `n peuselstokkie op elke piesang vas.
Dit lyk soos `n brandende kers op `n blaker.  
Sit elke “kers” op `n bordjie met slaaiblare.
Lemoenskywe kan in plaas van die pynappelskywe
gebruik word.
       Lewer 3 porsies.