Resepte Afrikaans - brood, muffens, pannekoeke                  Na: Uit die Kombuis                  Home

Brood - Broodjies - Muffins - Pannekoeke

Inhoud
Knoffelbrood
Botterbroodjies
Kaas "Muffins"
Brosbrood
Pannekoek

Knoffelbrood
1 Franse brood
2 Gekapte knoffelhuisies
Halwe koppie sagte margarien
Sny Franse brood in snye sonder om die onderste korsie deur te sny.Meng die knoffelhuisies en die botter en smeer
dit tussen die snye.Draai die brood toe in foelie en maak goed warm in voorverhitte oond (350 grade F).Dien warm op.

Botterbroodjies
2 Eiers
2 koppies meel
Halwe teelepel sout
1 Koppie gerasperde kaas (Opsioneel)
1 Koppie melk
4 Teelepels bakpoeier
1 Eetlepel gesmelte botter of olie

Klits eiers en melk saam.Voeg eers die droe bestanddele by en dan die olie.( Deeg moet slap wees).
Bak in kolwyntjiepannetjies (500 grade F) tot ligbruin.

Kaas "Muffins" (sonder eiers)
2 en n kwart koppie meel
1 Koppie gerasperde kaas
Sout en peper
1 en n half teelepel bakpoeier
1 Koppie melk

Sif droe bestanddele saam.Voeg kaas en melk by.Maak "muffinpanne" halfvol.Bak 20 minute 350 grade F

Brosbrood
Smelt 500 gram botter
Sif die volgende saam:
562 gram meelblom ( varieer met "Nutty Wheat")
88 gram strooisuiker
88 gram mielieblom
n Knippie sout
Gemmer ( opsioneel)

Meng alles.Druk dit in n gesmeerde plat pan en steek gaaitjies in die die deeg met n vurk.Bak dit in n matige oond.
Strooi strooisuiker bo oor en sny dit in blokkies.

Pannekoek
1 Koppie meel
Halwe teelepel sout
1 Koppie melk
Kwart teelepel bakpoeier
1 - 2 eiers

Meng meel, bakpoeier en sout.Voeg klein hoeveelhede melk by en roer gedurig.Klits eiers goed en klop by mengsel.
Bak in gesmeerde pan.Strooi kaneelsuiker oor.