Resepte Afrikaans - Visgeregte                    Na: Uit die Kombuis                    Home

Visgeregte

Inhoud
Viskoekies
Stokvisgereg
Skelvispastei
Kul-kreefgereg
Salm-mousse
Wafels en fynkreef
Tuna Souttert

Viskoekies
1 blik ingelegde vis                
1 eier
1 gerasperde ui                      
fyn pietersielie
2 koppies fyngemaakte
aartappels
sout en pepper

Maak die vis fyn en voeg die res van die bestandele by.  
Meng en maak balletjies.  Rol in droë mieliemeel en bak in olie tot gaar.

Stokvisgereg
500g stokvis                                  
3 gerasperde aartappels
1 koppie gerasperde kaas            
1 koppie melk
3 geskilde tamaties in skywe gesny
2 eiers (geklits)
sout

Meng melk eiers en sout.  Pak die vis, aartapels, tamaties en kaas in lae, in 'n gesmeerde bakskottel.  
Gooi die melkeier- en soutmengsel oor.  Bak in 'n matige oond vir 'n halfuur.
Bedien met slaaie.

Skelvispastei
1 pak "haddock"                      
1 groot gerasperde ui
1 eier                                         
peper
1 koppie gerasperde kaas      
witsous waarby kaas gevoeg is.

Kook "haddock" gaar, en voeg die res van die bestandele by.
Voeg 'n bietjie pietersielie of fyn groen lobbe van uie by.  
Skep in 'n gesmeerde vuurvaste bak en bak in 'n matige oond.  ('n Bietjie gerasperde kaas kan bo-oor gestrooi word).

Kul-kreefgereg
1 pakkie visvinger                    
1 gekapte ui
2 koppies water                       
1 koppie wit wyn
1 knippie suiker                       
sout na smaak
peper                                       
1 takkie pietersielie

Kook alles, behalwe die vis, vir ongeveer tien min. saam.  
Voeg dan die visvangers by en kook stadig vir ±'n 1/2 uur.

Slaaisous
Room
Slaaiblare

Gooi die sous af van die vis en sny die vis in klein stukkies.
Doop dit in slaaisous wat met room verdun is, dien op, opgesnyde slaaiblare.  Versier met tamatieskyfies of olywe
of aspersiestukkies.

Salm-mousse
1 koppie melk                             
3  eiergele, effens geklits
2 gelykvol eetlepels gelatien     
1 beesvleissopblokkies
1 koppie kookwater                    
1 blikkie salm, gevlok
1 klein kartonnetjie room, geklits  
peper na smaak
paprika
pietersielie

Verwarm melk tot kookpunt (nie te warm nie - dit skif)
Laat effens afkoel en giet oor eiergeel.  Giet terug in kastrol en roer oor lae warmte tot mengsel dik word en 'n lagie op
agterkant van lepel vorm.  Giet in 'n mengbak.  Week gelatien in 'n klein bietjie koue water.  Los sopblokkie in kookwater
op, voeg by gelatien en roer tot gelatien opgelo is.  
Voeg by eiermengsel.  Roer vis, ui en room by.  Voeg peper na smaak by.

Spoel 'n 5-koppie-visvorm met koue water uit en giet mengsel in.  Verkoel in yskas tot gestol.  Keer op 'n vlak skottel uit.
Strooi paprika oor.  Garneer met pietersielie.

Wafels en fynkreef
142 g bevrore wafels (6 wafels) klaar pakkies
300 g bevrore fynkreef (ongeveer 250 ml gaar fynkreef)
25 mil meelblom
25 ml botter
250 ml melk
1 ml sout
knippie swart peper
5 ml fyngekapte pietersielie
50 ml gerasperde kaas
paprieka
suurlemoenskyfies

Rooster wafels volgens aanwysings op pakkie en hou warm.  Kook fynkreef volgens aanwysings op pakkie en dreineer.  
Maak 'n matige witsous van meelblom, botter en melk en geur met sout en peper.  Verwyder van warmte en roer pietersielie,
kaas en gaar fynkreef in.  Skep warm op wafels.  Strooi paprieka oor en garneer met suurlemoenskyfies.  
Sit dadelik voor.

Tuna Souttert
Onverwagte gaste, of `n kits middagete.  Hou altyd blikkies Tuna vis in voorraad.
Neem `n halwe witbrood en sny korse af.
Sny in dik snye en sny elke sny in driehoeke.
Smeer albei kante floro en pak op duie bodem van `n gesmeerde groot tertbord.
Vlok 1 blikkie Tuna vis eweredig oor die brood.
Rasper nou die vis toe met kaas.
Meng die volgende bestandele en Skep oor die gerasperde kaas:
     3 eiers
     2 t vloeibare mosterd
     1 eet sojasous (kan weggelaat word) Sout, peper en fondor na smaak.
     1 blikkie ingedampte melk
     Plaas `n paar klontjies botter bo-op en bak in medium oond tot goudbruin en gepof.
Dien op saam met warm broodjies en slaai.