Lasagne                            Main page/Hoof bladsy                  Home

Een van daardie spesiale geregte

500g noedels
25 ml kookolie
2 uie, gekap
25 ml margarien
1 kg maalvleis
Sout en peper
2 blikkies (115g elk) tamatiepasta
60 ml suiker
2 pakkies sampioensouspoeier
500 ml melk
1 Liter basiese witsous
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers
1. Kook die noedels sag in soutwater waarby die kookolie gevoeg is.
2. Dreineer en hou eenkant.
3. Voorverhit die oond tot 180°C.
4. Braai die uie in die margarien.
5. Voeg die maalvleis by en roer tot amper gaar.
6. Voeg sout en peper na smaak by.
7. Meng die tamatiepasta met die suiker en voeg by die vleis.
8. Roer goed.
9. Meng die souspoeier met 250 ml van die melk.
10.Giet by maalvleismengsel en roer.
11. Smeer oondskottel.
12.Skep 'n laag noedels, gevolg deur 'n laag maalvleis, witsous en kaas.
13. Herhaal die lae.
14.Klits die eiers met die res van die melk en giet bo-oor.
15. Bak 30 minute of tot goudbruin.
16.Sit warm voor.