Resepte Afrikaans - Piesang geregte                     Na: Uit die Kombuis                             Home

Heerlike Piesang Geregte

Inhoud
Kerrietuna-kelk
Hoender met piesang en spek
Varktjops met piesangs
Piesang-en-eierpastei
Piesang-kebabs
Piesang-oliebolle
Kerrie-piesang
Piesang-patat

Prakseer met Piesangs

Kerrietuna-kelk
1 klein slaaikoppie, gesnipper
195 g-blik tuna
75 ml mayonnaise
12,5 ml kerriepoeier
25 ml suurlemoensap
3 piesangs
1 suurlemoen
paprika
suurlemoenwiggies
olywe

Verdeel die gesnipperde slaai tusen 6 kelkies
Dreineer en vlok die tuna.Meng die mayonnaise, kerriepoeier en suurlemoensap baie goed.
Sny die piesangs in dun skywe en voeg dit by die gevlokte tuna.
Meng dit liggies met die mayonnaise-mengsel.  
Skep op gesnipperde slaai in kelkies. Besprinkel met paprika.
Garneer met suurlemoenwiggies en olywe.
Lewer 6 porsies.

Hoender met piesang en spek
50 ml meelblom
10 ml uiesout
5 ml paprika
8 piesangs
1,5 kg hoender, in stukke gesny
250g spek, gesnipper
250 ml hoenderaftreksel
Meng meelblom, uiesout, paprika en peper en rol die hoenderstukke in die mengsel.Plaas die gesnipperde spek op die
bodem van 'n kastrol. Rangskik die hoenderstukke daarop en giet die hoenderaftreksel oor.  
Sny vier van die piesangs in 1  cm-skywe en voeg by die inhoud van die kastrol.  Plaas die deksel op die kastrol en
kook stadig vir 1 1/2 uur.
Sny nou die res van die piesangs in kwarte en voeg dit ook by die hoender.  Laat nog 30 min stadig kook.Draai die
hoenderstukke gereeld om.
Plaas die hoender op opskepskottel en skep die spek en piesang daaroor voordat dit voorgesit word.
Lewer 6 porsies.

Varktjops met piesangs
Sous
200 ml tamatiepuree
25 ml suurlemoensap
1 fyngekapte ui
12,5 ml Worcestersous
sout na smaak
Meng al die bestandele van die sous.

4 varktjops
12,5 ml olie
4 naeltjies
2 piesangs, in skywe gesny
2 patas, geskil en in skywe gesny
25 ml bruin suiker
12,5 ml botter
Laat die vleis 1-2 uur lank in die sous lé. Steek 'n naeltjie in elke tjop.Pak in 'n oondskottel wat met die olie gesmeer is.
Pak die piesang- en patatskywe bo-oor.
Strooi die suiker oor. Stip met botter en bak in 'n matige oond 180°C (350 °F) totdat die vleis sag en bruin is.
Lewer 4 porsies.

Piesang-en-eierpastei
5 groot aartappels, gekook en fyngemaak
1 ui, gekap
4 repies spek, gekap
4 piesangs
4 eiers
sout
rooipeper

Voer 'n vuurvaste bak met 'n dik laag fyn aartapels uit.  
Sorteer die gekapte ui en spek en strooi dit oor die aartappel.
Sny die piesangs in die lengte deur en rangskik op die aar-tappel om vier vierkante te vorn. Breek 'n eier in elke vierkant
oop en sprinkel sout en rooipeper daaroor.  
Bak by 180°C (350°F) vir 20 min, of tot eiers gaar is.
Lewer 4 porsies.

Piesang-kebabs
6 piesangs
115g - blik sampioene
6 tamaties
12 klein uitjies
60g botter
Sny elke piesang in drie.  Ryg die stukke piesang afwisselend met die uitjies, tamaties en sampioene op 4-6 metaal-
vleis-pennetjies.Gebruik 'n deegkwassie en smeer die kebabs liggies met 'n derde van die botter. Plaas onder die rooster vir
5 min.  Draai die kebabs om en smeer weer met botter.  Herhaal drie maal.  Bedien op rys saam met 'n groen slaai.
Lewer 4-6 porsies.

Piesang-oliebolle
2 eiers                                          
250 ml suiker
125 ml gesmelte botter
20 ml bakpoeier
500g meelblom
1 ml sout
2 ml fyn kaneel
2 ml gerasperde neut
1 ml fyn naeltjies
250 ml suurmelk
kaneelsuiker
1 ml koeksoda
Klits die eiers lig en skuimerig en voeg die suiker en botter by.  Roer totdat al die suiker gesmelt is. Sif die droë bestandele
en roer dit afwisselend met die melk in die eier-en-suiker-mengsel. Dit moet 'n effense slap maar tog
rolbare deeg vorm. Rol die deeg 8 mm dik uit op 'n meelbestrooide plank. Druk uit met 'n oliebol-drukker of
gebruik 'n skonvormpie.Druk dan met 'n groot vingerhoed 'n gat uit in die middel van elke vormpie. Maak die gat met die
vinger grootter.Braai 'n paar op 'n slag bruin in warm, diep vet. Draai elke oliebol eenmaal om.
Dreineer op bruin papier en strooi kaneelsuiker oor. Eet by stomende koffie.
Lewer 16-20 oliebolle