Resepte Afrikaans - Aartappel Resepte 4                     Na: Uit die Kombuis                   Home

Nog meer Keurige Aartappel Resepte 4

Aartappelrol
1 kg gemaalde beesvleis
440 g fynaartappel
2 eiers
10 g sout
500 mg peper
50 ml kookolie
20 g fyngekapte ui
2 geskilde medium tamaties - gesny
180 g gaar geelwortelskyfies
180 g gaar groenertjies
55 g gaar gekerfde groenboontjies
250 ml vleisaftreksel
meelblom

Meng die vleis, aartappel, 1 eier, sout en peper. Druk die vleis plat, in n vierkant, sodat dit later soos n jamrol gerol kan
word. Verhit die helfde van die oliein n braaipan en smoor die ui daarin. Roer die tamatie by en kook n paar minute lank.
Voeg die wortel, erte en boontjies by, geur met sout en peper en laat om af te koel. Roer die res van die eier deur.
Smeer die groentevulsel egalig oor die vleis en rol die vleis versigtig op soos n jamrol. Die groente moet goed ingeseel
word. Plaas in n gesmeerde kasserol en bak 180°C, 20 minute lank, onbedek of totdat die vleis bruin is.
Strooi n bietjie meelblom bo oor en giet die vleisaftreksel oor. Bedek en bak nog 1 uur lank. Sit warm of koud voor.

Kitsaartappelgereg
1 pakkie sampioensop
375 ml water
160 g gaar fyngekapte hoendervleis
100 g fyngerolde aartappelskyfies
180 g gaar erte
80 g gerasperde Cheddarkaas

Roer die pakkie sop by die water en kook totdat dit gaar is - ongeveer 15 minute. Hou 4 de van die aartappelskyfies uit.
Pak lae hoendervleis, aartappelskyfies, erte en kaas om die beurt in n gesmeerde bakskottel. Giet die sopmengsel
bo oor en strooi die res van die aartappelskyfies oor. Bak 180°C, 20 minute of totdat dit bo op goudbruin is.