Resepte Afrikaans - Aartappel Resepte 3                      Na: Uit die Kombuis                  Home

Nog meer Keurige Aartappel Resepte 3

Aartappel Ertjiesop
250 g gesplete ertjies
500 g skaapnek - in stukkies gesny
Ongeveer 2, 5 liter water
250 g aartappels ( dun geskil) - blokkies
1 wortel - blokkies
1 klein raap - blokkies
2 selderystingels - blokkies
6 geskilde medium tamaties - skyfies
10 g sout
1 g peper
5 g bruinsuiker

Week die ertjies ten minste 2 uur en plaas dit saam met die vleis in n kastrol. Voeg die water by en verhit tot kookpunt.
Vervolgens word die bereide aartappels, wortel, raap en seldery bygevoeg, bedek en pruttel vir ongeveer 2 uur. Voeg die
bereide tamaties by en laat die sop toe om nog 30 minute lank te pruttel. Vryf die groente deur n sif en verhit. Voeg sout,
peper en suiker by. Sit voor met stukkies gebraaide of geroosterde brood.

Aartappel Vleisbroodjie
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis
1 ui - gemaal
440 g fynaartappel
5 g sout
500 mg peper
2 eiers - geklop
pietersielie

Meng die vleis, ui, aartappel, sout, peper en eiers liggies saam. Skep in n gesmeerde bakskottel. Bak 180°C omtrent 1 uur
of totdat dit gaar en goudbruin is. Keer uit op n warm opskepskottel. Sit warm of koud voor. Garneer met pietersielie.