Resepte Afrikaans - Pasteie en Vulsels                     Na: Uit die Kombuis                       Home

Pasteie en Vulsels

Inhoud
Herderspastei
Outydse lamspastei
Varkvleispastei
Vinnige skilferdeeg en voorbereiding van vleispastei
Hamvulsel
Soutige niertjie mille Feuilles
Pof Macaroni

Herderspastei
2 Medium uie - fyngekap
45g botter (50ml)
500g gaar vleis - gemaal
250ml vleisaftreksel
5ml Worcestersous
500mg gemengde speserye (1ml)
5g gekapte pietersielie (12,5ml)
5g sout (5ml)
500mg peper (1ml)
100ml melk
1 eier - geklop
440g fynaartappel (500ml)

Soteer die ui in ½ van die botter tot helder.  Voeg die vleis, vleisaftreksel, Worcestersous, gemengde speserye, pietersielie,
sout en pepet by.  Skep in 'n gesmeerde bakskottel en hou warm.
Voeg die melk, die res van die botter en die eier by die warm aartappel en klop tot lig en glad.  Skep die fynaartappel bo-op
die vleis.  Krap growwe riwwe met 'n vurk of versier deur die aartappel in 'n versiersak  deur 'n groot sterbuis te druk.
Bak 200°C, 20 tot 30 min.

Outydse lamspastei
Vulsel
500g lams- of skaapnek, in 15mm skywe gesaag
500g lams-of skaapskenke, in 15mm skywe gesaag.
15ml  kookolie
uie, gekap
heel kruienaeltjies
lourierblaar
7ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
250ml droë witwyn

Varkvleispastei
1kg ontbeende varkdikrib, in 25 mm blokkies gesny
2 repe swoerdlose spekvleis, gekap
15 ml kookolie
4 preie, in skyfies gesny
1 ui, gekap
5 ml droë of 15 ml gekapte vars salie
5 ml paprika
15 ml suurlemoensap
5 ml sout
varsgemaalde witpeper na smaak
300 ml vleisaftreksel
15 ml Snowflake koekmeelblom
15ml sagte botter
broskorsdeeg gemaak van 340ml Snowflake koekmeelblom
1 eier, geklits

Braai spekvleis bros in 'n swaarboomkastrol.  Verwyder uit kastrol en hou eenkant.Voeg olie by uitgebraaide vet. Braai vleis
bruin in verhitte olie. Voeg preie en ui by en sorteer tot ui deurskynend is. Voeg geurmiddels, verhitte aftreksel en spekvleis by.
Plaas deksel op, verminder hitte en prut vir 1 en halwe uur tot 2 uur of tot vleis sag is.Meng meel en botter tot
'n pasta. Klop die pasta bietjie vir bietjie in om die vloeistof te verdik.Skep vleis in 'n pasteibak, plaas pasteitregter in die middel
en laat afkoel. Rol deel dun uit. Plaas deeg versigtig op afgekoelde vleis.Maak kante netjies, bestryk met eier en
bak by 200°C vir 20 tot 30 min of tot goudbruin en gaar.  
Lewer 6 porsies

Variasie
Vir individuele pasteie: Rol deeg dun uit en sny sirkels met 'n koekiedrukker. Bestryk kante met geklitste eier en koue
water. Skep 'n bietjie vulsel in die middel van die sirkel, maar hou die kante oop.  Bedek met 'n tweede deegsirkel en druk
die kante met 'n vurk vas.Prik oppervlak met 'n vurk. Bestryk met geklitste eier en rangskik op 'n bakplaat.  Bak by 200°C
vir 20 min of tot goudbruin en gaar.

Vinnige skilferdeeg en voorbereiding van vleispastei
250g  Snowflake koekmeelblom (55ml)
2ml  sout
250g  yskoue botter, gerasper
120ml  yswater
5ml  suurlemoensap
eiergeel

Berei vleis: Braai vleis bruin in verhitte kookolie in ;n swaarboomkastrol. Voeg uie by en soteer tot deurskynend.  
Bind speserye in `n moeseliendoek en plaas by vleis.Geur met sout en peper.  Verhit wyn en voeg by vleis.Plaas deksel op,
verminder hitte en prut vir 1 ½ uur tot 2uur of tot sag.  Verwyder bene en moeseliensakkie. Skep vleis in `n pasteibak, bedek
en laat afkoel.

Berei deeg: Sif meel en sout twee keer saam in `n groot mengbak.  Vryf `n kwart van botter in meel in.Klits yswater,
suurlemoensap en eiergeel. Meng liggies met meel tot `n deeg.  Knie deeg liggies op `n meelbestyrooide oppervlak
totdat dit baie elasties is en blasies begin vorm. Vou deeg in waspapier of plastieksakkie toe en verkoel vir ongeveer 15 min
in yskas.  Vorm deeg met meelbestrooide hande in `n reghoek, driekeer langer as die breedte.Rol deeg 15 mm dik
uit.  Strooi `n derde van orige botter oor twee-derde van deeg. Vou reghoek in derdes soos `n koevert toe.  Seel kante met
`n rolstok.  Draai deeg 90°.  Rol deeg weer reghoekig uit en herhaal proses tot al die botter opgebruik is. Vou deeg toe en
verkoel vir ten minste 30min in yskas. Rol deeg tot ongeveer 4 mm dik uit.  Plaas deeg versigtig bo-op vulsel. Druk deeg
liggies vas. Vorm `n vlegsel van oorskietdeeg en sit dit op die rand van die kors vas met geklitste eier. Bestryk deeg met
`n eier-en-soutmengsel. Bak pastei by 180°C, een posisie bo die middelrak van die oond vir 5 min.Verhoog hitte na 200°C
en bak vir `n verdure 10 - 15min.Verlaag temperatuur na 160°C en bak `n verdure 10 min of tot goudbruin.

Hamvulsel
200g ham of brosgebraaide spekvleis, in repies gesny.
100g Cheddar kaas, gerasper (250ml)
varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas ham en kaas in lae op gebakte skilferkors.  Geur met swartpeper.  Plaas ander deeglaag bo-op.  Verhit by 200°C
vir 3-5min of tot kaas gesmelt is.

Wenk
Klaarbereide, gekoopte skilferdeeg is vinnig en gerieflik om te gebruik. Vir 'n ryker eindproduk kan 100g botter oor die
deeg gerasper word.Vou die deeg soos 'n koevert toe en rol weer uit.

Soutige niertjie mille Feuilles
8 lams- of skaapniertjies, membraan en kerngedeelde verwyder.
50g Snowflake koekmeelblom (100ml)
50 ml botter
15 ml kookolie
1 groot ui, in dun skyfies gesny
3 ml droë of 10 ml gekapte vars basiliekruid
2 ml droë of 5 ml gekapte vars salie
3 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml vleisaftreksel
50 ml brandewyn
250g skilferdeeg

Sny niergjies in blokkies en rol in meel.  Braai niertjies bruin in verhitte botter en olie.  Voeg ui en geurmiddels by en
sorteer tot ui deurskynend is. Voeg verhitte aftreksel by.  
Verhit brandewyn.  Giet oor vleis en flambeer.Skud braaipan heen en weer tot vlamme uitdoof.

Rol deeg uit tot 'n dikte van ongeveer 2 mm.Bedek deeg en laat in yskas rus vir ongeveer 10 min. Sny deeg in twee ewe
groot dele.  Plaas deeg op 'n nat bakplaat en bak by 200°C vir 15 min.Verhoog temperatuur na 220°C en bak 'n verdere
15 min. Verminder hitte en bak by 160°C vir 5 - 10 min of tot goudbruin en bros.Skep niertjievulsel tussen twee lae
gebakte skilferdeeg.Garneer met vars kruie en sit dadelik voor.Lewer 4 porsies.

Pof Macaroni
1 k gaar macaroni
1 ½ k broodkrummels
4 eiers
1k warm melk
1 ½ k gerasperde kaas
sout
Meng krummels en eiergele.  Sit kaas en macaroni en sout by die laaste styfgeklopte eierwitte.  
Skep in vuurvaste skottel.  Bak tot gaar.  Stukkies spek kan ook ingesit word.

Vleis en Deeg
Goue reëls om te onthou

*  Hou bestandele en apparaat so koud moontlik sodat vetdeeltjies nie smelt voordat deeg gebak word nie.

*  Meet bestandele baie noukeurig af en hanteer deeg liggies, dog vinnig en ferm.

*  Bak deeg volgens die oondtemperatuur wat aangegee word.

*  Maak die deeg dadelik los met 'n slaplemmes nadat dit gebak is en laat om af te koel.

*  Panne hoef nie gesmeer te word nie.  Bak deeg altyd in 'n nat gesprinkelde bakplaat.  Die waterdruppeltjies vorm
   stoom wat die deeg help rys.