Mode en Skoonheid   Deel 3                  Deel 1 en 2               Deurpad                Home

Afsprake kanselleer
Geen afspraak mag ooit gekanselleer word nie, behalwe as dit absoluut onvermydelik is, en dit mag glad nie terwille
van `n ander, meer aantreklike uitnodiging gekanselleer word nie.  As u nie `n afspraak kan nakom nie, moet u so
gou moontlik vriendelik verduidelik waarom nie, en om verskoning vra.  U moet dan so gou moontlik by `n ander
geleentheid bewys dat u die persoon se vriendskap waardeer.

Stipheid
Niemand mag ooit laat wees vir `n afspraak vir sy of haar werk nie.

Taalgebruik
Slordige taal en vloekwoorde getuig van baie swak maniere, verall as ditdeur dames gebesig word.

Moenies in geselskap

Familiariteit
Pasop vir familiariteit.  Wees vriendelik en bedagsaam
sonder om opdringerig te wees.

Meerderes en minderes
Praat met respek van almal wat gesag uitoefen.  Betoon bedagsaamheid teenoor al u ondergeskiktes.  Respekter
u hoof en werkgewer en behandel hom / haar as sodanig.

Hinderlike gewoontes
Moenie gedurig u bril regstoot, met u hande hieraan of daaraan vryf of trek, u hare regstoot of kopkrap, u klere regtrek,
of ander hinderlike bewegings maak nie.  Moet nooit u neus in `n geselskap sò blaas dat dit aandag trek nie - as u dit
moet doen dan baie ongemerk of vra om verskoon te word en dit dan in n ander vertrek of buite te blaas.  `n Man staan
nooit met hande in broeksakke in `n dame se geselskap nie.

Kwaadpraat
Bepaal u gesprekke by sake van die dag, by onderwerpe waaroor u iets gelees het of waarvan u weet dat die ander
persoon daarin belangstel, maar nooit by bespreking van ander se tekortkominge nie.  Kwaadpraat getuig van
minderwaardigheids-gevoel.

Uitvra
Moet nooit iemand uitvra oor sy of haar private sake nie en moet ook nie ander se geheime verklap nie.

Spoggerigheid
Moet nooit op bedekte wyse prober spog met wat u besit nie, wat u kan doen, waar u orals gereis het, watter vername
vriende u het of in watter besonderhede voorregte u deel nie.  Etiket verwag dat hierdie dinge sal spreek deur u
bedagsaamheid en aangename maniere.

Gaap
Onderdruk `n gaap soveel moontlik in enige geselskap.

Luistertegniek
Moenie voorgee dat u luister na iemand wat met u gesels, terwyl u oë en gedagtes op iets of iemand anders gerig is
nie.  Kyk in iemand se oë terwyl u luister, of selfs praat en moet nooit oorgehaal sit met iets wat u wil vertel so gou of
nog voor die ander persoon klaar gepraat het nie.  U antwoord, wat by die persoon se vertelling aansluit, moet wys dat u belangstellend geluister het en moet dan nie beterwetig of omslagtig wees nie.

Kritiek
Moet nooit deur `n wenk skeptiese blik, spottende glimlag of aanmerking iemand in geselskap kritiseer of seermaak nie.  
As iemand anders iemand onvriendelik kritiseer of `n onvaspaste storie vertel, moet u op `n takvolle wyse die geselskap
in `n ander rigting stuur, sonder om die persoon onbeleef stil te maak.

Oorheersing
Moet nie `n geselskap oorheers deur aanhoudend te gesels of deur u eie opinie op almal te probeer afdruk nie.

Verliefdheid
Verliefdes moet waak teen `n publieke vertoon van verliefdheid.  Daar is n tyd vir alles.

Gekrenktheid
Wees nie gekrenk as iemand met u verskil of u toenaderings deur `n knou beantwoord word nie.  Etiket verwag dat
u kalm en beheers sal bly.

Tyd van vertrek
Moet nooit sò lank kuier dat u gasheer of asvrou kriewelrig word nie.  Gaan huis toe voordat  hulle `n wenk moet gee dat
dit nou slaaptyd is.  As jong gaste langer bly as wat die jong gasvrou se ouers verlang, moet sy vriendelik haar ouers
se wens verduidelik en die gaste dan vra om op `n ander tyd sekerlik weer te kom kuier.

Vooruit stap
As `n dame en `n heer by `n trein, hyser, roltrap of wenteltrap instep of inklim, of trappe opklim, moet die dame voorgaan,
maar daruit of daaraf loop die man voor en help die dame uit of af, waar nodig, of maak die deur vir haar oop.  n Jonger
dame doen dit vir `n ouer dame.  By `n teater of konsert loop die dames voor as daar iemand is om plak aan te wys,
so nie, die man.  As hulle die gebou verlaat loop die man voor.

Sitplek aanbied
As `n man sy sitplek vir jou aanbied moet jy dit neem en hom vriendelik daarvoor bedank.  Die goedopgevoede man sal
nooit bly sit terwyl dames moet staan nie.

Rookgewoonte
Iemand rook in `n motor as hy/sy seker gemaak het dat hy/sy niemand daardeur ongerief sal aandoen nie.  In `n huis
moet hy/sy daarvoor toestemming vra.  By `n ete rook niemand voor die nagereg bedien is nie.

Vriendelike hulp
As iemand u uit `n moeilike posisie gered het, u gevrywaar het teen gevaar, of waardevolle hulp aangebied het, moet u
die persoon vriendelik bedank.

Komplimente gee en ontvang
Komplimenteer iemand so dat hy/sy belangrik voel en nie ongemaklik nie.  Self `n vriendelike blik sal in sekere gevalle
`n aangename kompliment wees.  As iemand u komplimenteer, moet u dit vriendelik aanvaar en die persoon laat voel
dat u gevlei voel en waardeer sy vriendelike opmerking.

Prys wat daar te prys is in u werknemers, al is dit gering, so ook u kinders, dan sal hulle nie omgee as u hulle some
kritiseer nie.  Moet net nooit u kinders of enigiemand in die teenwoordigheid van ander persone kritiseer nie.

Naels
Hou altyd u naels skoon en netjies gevyl, maar moet niks in `n geselskap daaraan doen nie.  Moenie u naels sit en
krap en of daaraan byt nie.  Al wat van u verwag word is om hulle so goedversorg as moontlik te hou.

Die gehoor
Niemand in `n gehoor gesels, vroetel met papiere of lag onnodig lank, solank iets voorgedra word nie.

Moenies wanneer u die telefoon gebruik
Geen onnodige lang gesprek word oor `n telefoon gemaak nie. Sodra die persoon die oproep beantwoord, moet
u sê wie dit is wat praat, en nie verwag dat hy/sy moet raai wie praat nie.
Moet nooit op ongeleë tye `n oproep maak nie, tensy dit baie belangrik is.  Vroeg in die oggend en laat in die
aand kan u miskien onnodig ander se rus verstoor of hulle onnodig ontstel.
U moet nooit oor die telefoon skree of fluister nie.  Praat stadig en duidelik.
Niemand bespreek sy private sake oor die telefoon nie, en dit getuig van uiters swak maniere as iemand `n gesprek
oor die telefoon afluister.
Moenie vergeet om vir langafstand- of ander plaaslike oproepe te betaal wat uit die huis van `n vriend gemaak word nie.  
Stel vas by die poskantoor wat die koste van die oproep is en laat die geld by die telefoon as die vriende nie die geld
wil neem nie.
As u soms die telefoon van u bure moet gebruik, moet u dit so selde as moontlik doen en u moet onthou om
hulle dan ook daarvoor te vergoed.

Kennismaking en bekend-stelling
Glimlag hartlik as u aan iemandBekendgestel word op `n basis van gelykheid.Stel belang in die persoon wat aan u
Bekendgestel word en luister met aandag na sy naam en u sal nie maklik sy naam vergeet nie.  Vra weer die naam
as dit nie duidelik is nie.As `n mens nie iemand se naam Onthou nie, moet jy dit liewer nie laat merk nie, maar
op jou hoede wees en met `n omweg sy naam probeer uitvind.As u iemand ontmoet het, moet uhom/haar dadelik
belangrik laat voel deur `n geselsie aan te knoop.  Vind so ongemerk uit waarin hy/sy belangstel en die gesprek
sal gou volt.  Welwillende aandag verhoog elkeen se belangrikheid en wek wedersydse belangstelling en respek
in u as persoon.
As u die geselskap in `n ander wending wil gee, moet u dit ongemerk en baie takvol doen.As iemand `n fout maak
oor `n Datum of `n ander klein besonderheidjie moet u hom/haar laat begaan sonder om hom/haar reg te help.
Die persoon wat onder omstandighede beskou word as die vernaamste, se naam word eerste genoem by
bekendstelling.As u twyfel oor wie die belangrikste persoon is kan u net sê: “Mag ek u aanmekaar voorstel?
Mev. S Lange.  Dit doen u ook as u mense van  dieselfde geslag en min of meer dieselfde ouderdom en posisie voorstel.
`n Jonger persoon word aan `n ouer persoon voorgestel en `n ongetroude vrou aan `n getroude (behalwe as die jonger
een iemand van besondere rang is) bv. “Mev. S. mage k u voorstel aan Mej. L”.
`n Man word aan dame voorgestel, bv. “Mej. L, mag ek u aan Mnr. R. voorstel?”.As `n vrou haar man aan iemand
voorstel, noem sy eers die naam van die persoon aan wie hy bekendgestel word en dan sê sy dit is haar man, bv.
“Mev Brink, my man”.  Die man noem eers Mev Brink se naam as hy sy vrou aan haar bekendstel, bv. “Mev Brink,
my vrou”.  As Mev Brink se man ook by is word sy naam laaste genoem.
As `n man sy vrou by `n goeie vriend bekend stel, noem hy haar naam en sy vriend se naam, bv. “My vrou, Lettie,
Bennie Swart”.  As die vrou haar man beskend stel by `n goeie vriendin, noem sy die vriendin se naam, bv.
“Bettie Swart, my man, Jan”.  In al hierdie gevalle word ei vrou se naam eerste genoem.
As die vriende, man en vrou, albei Bekendgestel word aan die ander man se vrou, word die twee dmes se name
eerste genoem, bv. “Bettie Swart, my vrou Lettie, Bennie Swart”.  As die vrou twee goeie maats, man en vrou,
aan haar bekendstel, sê sy: “Bettie en Bennie Swart, my man, Jan”.

Studentevriende word aan die ouers van hul maats so voorgestel: “Ma ontmoet my vriende Jan le Roux en Koos
Delport”.  As daar `n dame by is word haar naam genoem voor dié van die seuns.
As u moeder se van nie meer dieselfde is as u eie nie, moet u har teenwoordige van ook meld, bv. “Ek wil
julle graag aan my moeder voorstel.  My moeder, Mev Hugo, Jan le Roux, Koos Delport.
By `n geselskap word die persoon wat inkom se naam eerste genoem, daarna almal wat aan hom bekend gestel
word - liefs eers die dames dan die here.  As die bekensteller twyfel aan `n naam mag die persoon sy of haar eie
naam noem.
By `n groot partytjie word die nuweling net aan die eregas, as daar een is, aan die huismense, en aan `n groepe
van die gast voorgestel.  As dit `n man is mag hy himself aand ie ander mans bekendstel.  As hy aan `n dame
bekendgestel wil word, vra hy `n bekende om dit te doen.  Later in die aand sal die gasvrou moeite doe nom nog
gaste aan mekaar voor te stel.  By klein partytjies word almal dur die gasvrou bekend gestel.

`n Man staan op as hy bekendgestel word aan iemand.  `n Vrou mag bly sit, behalwe as sy aan `n ouer of belangrike
persoon bekend gestel word.  As `n gasheer of gasvrou merk dat `n gas alleen is en niemand het om mee te gesels nie,
neem hulle `n dame of heer na die persoon, stel hulle aan mekaar bekend en begin `n geselsie, om dan later verskoning
te maak en na ander gaste te gaan.

Tienderjariges staan altyd op as hulle bekendgestel word.
`n Mens groet met die hand as die ander persoon sy hand uitsteek, so nie met `n glimlag en `n knik van die kop.
As u `n bekende in geselskap van `n vreemde op straat raakloop en u wil graag `n woordjie wissel met die bekende,
is dit beter as die bekende se maat stadig aanstap.  `n Mens stel liewer nie mense op straat aan mekaar bekend nie,
tensy daar lang gesels gaan word.
By `n partytjie, of aan tafel, stel u die vreemdes wat naby mekaar sit of staan, aan mekaar bekend.

Etiket by gebruik van name en titels
Niemand word op sy of haar naam genoem tensy u weet wat daardie persoon verkies nie. Spreek ouer mense wat
nie familie of persoonlike vriende is nie, aan as meneer of mevrou totdat hulle self anders voorstel.
Spreek iemand met die title van Dr. aan as Dr. so en so.  `n Vrou wat `n praktyk het, word meestal op haar nooiensvan
genoem as sy praktiseer.  In `n geselskap word sy egter op haar man se naam aangespreek.
As `n vrou met `n vreemdeling oor haar man praat, sê sy: My man.  By vriende noem sy hom op sy naam.
`n Leraar word altyd aangespreek as domineer al is hy `n huisvriend van die gesin.

Etiket by formele etes
Stuur uitnodigings ten minste 14 dae voor die tyd uit.Uitnodigings na klein formele etes kan sowat 8 dae
voor die tyd uitgestuur  word.