Deurpad Afrikaanse Internet Tydskrif __________________________
Grepe uit die verlede
Operette
![]() OPERETTEGROEP
G Kunz, J Roodt, Mevv J vd Westhuizen (Spelleidster),J Lombard (Sangleidster), Mej H Naudé (Toneelbestuurderes),
G Prinsloo & S Kunz
![]() ![]() Heel links: Sonja Kunz
(Aaltjie)
Middel: Grace Kunz
(Marike)
Regs: Johan Roodt
(Marnix von Montfoordt)
Ai, hoe jaloers word 'n mens nie as jy die spelers in "Freule Marike" so sien speel en geniet nie! Dan besef jy
opnuut hoe 'n wonderlike gawe die jeug is. Onder die bekwame leiding van mev J Lombard, mej H Naudé
en mev J vd Westhuizen van "Freule Marike" is geskryf deur Pierre Malan en die dialoog deur C J Esterhuyse.
Puik sang, goeie toneelspel, effektiewe beligting, pragkonstuums en decor van hierdie musiekspel 'n wonderlike
belewenis gemaak. Daar is opvoerings op 12, 13 & 15 Augustus gehou.
Aan elke leerling, personeellid en ouer wat gehelp het om van "Freule Marike" 'n reuse sukses te maak; 'n
Baie groot en "freulike" dankie.
_______________________________
Nagedagtenis
![]() Johan Marais - Gedenkfonds
Die ouers van wyle Abraham, Johannes Marais, 'n oudleerling van
ons skool, het besluit om tot sy gedagtenis 'n Johan Marais Gedenk-
fonds te stig, waarvan net die rente, maar na die algehele goeddenke
van die hoof van die Hoërskool Gerrit Maritz, sonder opgehef aange-
wend moet word om barmhartigheid te betoon aan een of meer leerlinge
van die Hoërskool Gerrit Martiz.
Deur die optrede word gepoog om dankie gesê vir die tydjie wat hy
aan die gemeenskap gegun was, waarin die lesse en veral die leuse van
sy ou skool: "Dien en oorwin" so 'n belangrike rol gespeel het.
Ons weet egter dat die leuse van die skool nie net vir Johan 'n inspirasie
was nie, maar dat hy ook gedurende sy lewe gestalte aan hierdie idee
gegee het. Hy was hoofseun in 1963, 'n aktiewe Voortrekker, kringleier
van die A.C.S.V. en 'n belowende toneelspeler.
Op 22 September 1969 was Johan in 'n baie ernstige motorongeluk
naby Paarl betrokke. Om eenuur vm 2 Oktober 1969 is hy in die
hospitaal te Kaapstad oorlede. As so 'n mooi jong lewe so skielik
beëindig word is dit menslik om te vra: Waarom? Maar dit is Goddelik
om te weet: "God beskik oor oor heel ons lewenslot."
"Dien en oorwin" - 1970 (Die hoof doen verslag) As ons in die toekoms sal terugdink na die jaar 1970, dan sal die
een groot uitstaande gebeurtenis, die van die Kermis wees. Onder die bekwame leiding van ons Adjunk-Hoof,
Mnr Meinjies, het personeel sowelas leerlinge vlamgevat en kon ons die mooi bedrag van om en by R6,600 in.
Dit is werklike 'n prestasie en verdien waardering. Baie dankie!
_______________________________
'n Woord van die hoof
Geluk aan ons matrikulante van verlede jaar, wat mooi presteer het en besig is om hulle plek vol te staan in die
lewe. Ons hou duim vas vir vanjaar se groep mag dit met hulle baie goed gaan.
![]() Die inskrywing van die skool bly min of meer konstant -910. Ons moes
egter een personeellid afstaan. Nuwe personeellede wat ons kon verwel-
kom is mnre Jonker, Serfontein en Schoeman; asook die volgende dames:
Mevv Maughan, Hechter en Lombard. Van mnr Engelbrecht, wat die
onderwys bedank het, moes ons aan die einde van die eerste kwartaal,
afskeid neem.
Op die gebied van atletiek en rugby, het ons leerlinge hulle goed van hulle
taak gekwyt. 'n Groot deel van die interbondspan het aan ons leerlinge
behoort. Van hulle het selfs in die Noord Transvaalse Junior Kampioens-
kappe presteer. Ons onder 14A-rugbyspannetjie het deurgedring na die
Semi-finale rondte. Vanjaar het ons met Netbal begin en ook hier moet
van ons spanne in die finale rondte speel. 'n Groot dankie aan ons afrigters
en leerlinge. En tennis? Pragtig het ons senior seunsspan presteer.
Hulle behoort dit verder te bring in hierdie spel. Die pawiljoen, afdak en 'n groot stoor waarvan verlede jaar gepraat
is, het 'n werklikheid geword. Ons is in ons skik met hierdie stewige strukture. Daar lê nog baie werk voor, maar
ook dié sal verwesentlik word.
Van owerheidweë word beweer dat ons skool nog hierdie jaar opgeknap gaan word. Dit sal 'n blye dag wees
as ons ons weer in 'n skoon netjiese skool kan bevind.
Die operette "Freule Marike" gaan binnekort opgevoer word. Ons sien uit daarna en is dankbaar dat die
betrokke personeel en leerlinge so baie tyd daarvoor opgeoffer het. En as ons dink aan die operette dan is ons
verheug oor ons dogters wat so mooi in die kunswedstryd presteer het. Die talent is daar die geleentheid moet
net gegee word vir die openbaring daarvan.
Dit woel en dit werk: Die Afrikaanse Christen Studentevereniging, die Voortrekkers, die Debatsvereniging met
sy Redenaarsaande, die Wetenskapklub en al die ander aktiwiteite wys dat daar lewe is.
Mense wat dan ook belang in hierdie lewe stel is dan ook ons beheerraad. Hulle intense en daadwerklike
belangstelling is vir ons 'n riem onder die hart. Mag u die vrugte pluk op die werk wat u doen!
Die res van die jaar wat voorlê wil ons wy aan diens wat lei tot oorwinning. Hoe lyk dit matrikulante? En julle
wat die skoolgaan verlaat? Hoe lyk dit?
AJ Rossouw (Hoof)
|
||