Weense souttert                                                          Na: Uit die Kombuis                                                  Home

Hierdie resep is ideal vir 'n Saterdagmiddag maal.

Metode:
Skakel die oond op warm tot baie warm.
Voer 'n bakskotteltjie uit met 'n rolletjie gekoopte deeg.
Meng al die volgende bestandele liggies;
2 hardgekookte eiers                                                  2eetl. gekapte pietersielie
1/2 k. fyngekapte weense worsies                           2 geklitste eiers
3/4 k. fyngesnipperde bacon                                     1/4 kop. melk
1/2 k. gerasperde cheddar kaas
Skep die bostaande mengsel in uitgevoerde bakskottel.
Bak 15min. in warm oond.  Verlaag die temperatuur en bak in medium oond
vir 'n verdere 15min.
Verdubbel die resep as die gesin groot is.  Dien op saam met broodrolletjies en slaai.