Skoolwapens op logo - Skoolwapen links is tans in gebruik.  Regs is die voormalige skoolwapen
Deurpad               Home            Skryf aan Ria
_______________________________________________________________________________________________________


Grepe uit die verlede








Nog meer fotos, stories, en nog wat,
is aan die kom. So kom kuier gereeld.

MY SKOOLJARE OP GERRIT MARITZ HOëRSKOOL

So baie gedagtes gaan terug as n mens blaai deur jou jaarblaaie
van jou tydperk op Hoërskool.
Tyd gaan so vinnig verby. Ek onthou nog hoe baiekere het onderwy-
sers of familielede of jou ouers vir jou gesê om jou skooldae te
geniet dan het jy gedink "ag tog, as ek eendag groot is..." en hier is
ons nou almal groot en bly net die herrinneringe oor.  Vandag is
almal getroud met kinders wat net soos ek en jy op skool was en
ook streke gehad het en wat ook eendag herinneringe gaan hê van
'n tyd toe hulle ook mooi en jonk was, maar tog het die jare vir
ons almal kennis gegee en wonder ons somtyds hoekom het ons
so dom opgetree in sekere situasies maar daardie situasies was tog
deel van die grootword proses en het ons tog geskaaf vir situasies
later in ons lewe en tog is n mens nie spyt vir daardie situasies nie.

Die inspirasie vir hierdie plaas van herrineringe het by my gekom
toe ek weer van my skoolvriende ontmoet het.  Daar was gesels
oor skooldae,ou skoolvriende en onderwysers en daar is na skool-
fotos gekyk en herinneringe is opgeroep.

Ek het ook op Gerrit Maritz se webtuiste afgekom op Facebook en
daar het n vorige hoofseun Johan Venter gevra waarom daar nie
foto's van oud Gerries is nie, en dis hierdie gedagte wat toe
by my ontstaan het om my skooldae by Gerrit Maritz vas te lê en
ook om vir die nuwe Gerries te wys hoe ons tyd op Gerrit Maritz
was en wie almal daar was - kinders en onderwysers. Van die
onderwysers is nie meer met ons nie, maar ons sal hulle altyd in
ons herrinneringe bêre en wat hulle vir ons beteken het.

Ek hoop en vertrou dat hierdie herrinneringe vir julle net so wonder-
lik sal wees as wat dit vir my was en nog steeds is.  Ongelukkig is
ek nie op een van my skoolfoto's nie, kan glad nie onthou hoekom
nie, maar wanneer ek so na die foto's kyk dan weet ek, ek was daar.
Soos Bart Nel gesê het: "Ek is Bart Nel van toe af" so sê ek ook;  
"Ek is Ria Noomé van Gerrit Maritz  1970 - 1974.
Nou ja, hier gaan ons !!!!


1970
In hierdie jaar het ek, en almal wat saam met my was, ons skoolloopbaan begin by Gerrit Martiz.
Ek onthou nog hoe ons nog so grootoog gekyk het na die rugby se eerstespan ouens, sulke
groot ouens.
Ons was maar lekker bang gewees.  Die ontgroening was groot pret, veral toe ons die atletiekbaan
met vuurhoutjies moes gaan meet het, toe ek een van die ouens se been met 'n vuurhoutjie gemeet
het.  Dan is daar een meisie wat ek seker nooit sal vergeet nie, haar naam was Carol, as sy gevra was
om iets te doen met die ontgroening dan het sy dit gedoen. Haar een opdrag was om Jan Pierewiet
te sing op Sarie Marais se wysie, en toe ons weer sien klim sy op n asblik en sing uit volle bors dat
die biesies bewe, almal het so lekker gelag en vir haar hande geklap.  
Ons was "Tipes" en die seuns was "karkasse" en so het ons ons bordjies gedra met ons name op.  
So het ons nuwe skooljaar begin by Gerrit Maritz.
Die volgende foto's vertel die verhaal van ons 1970 jaar op Gerrit Maritz. Die foto's is uit my jaarblaaie
geneem, gescan en hier geplaas met al die byskrifte by, so kan julle dan lees en sien wie waar was,
watter onderwysers daar was en watter aktiwiteite daar was bv. atletiek, netbal, debatte, ens.  Kyk
en roep baie herrinnering op.