Nog meer heerlike Terte                                Uit die Kombuis                                 Home

Nog 4 heerlike tert resepte vir die hele gesin

Koejawel-Yskastert
1 groot blik koejawels
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoenjellie
1 swiss roll
250 ml room
Gooi sap van koejawels af (plus minus een en 'n halwe koppie)
Voeg 1 koppie kookwater by sap, maak warm en voeg jellie by tot opgelos.
Sny koejawels redelik fyn.
Meng koejawels met kondensmelk. Meng met stroop.
Sny swiss roll in skywe en pak in tertbak en gooi koejawelmengsel bo-oor.
Sit in yskas. Laat stol oornag. Klits room tot styf en sit bo-oor.

Koffie-Yskastert
1 pak. Tennisbeskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
1 koppie sterk, swart koffie - koud
Week beskuitjies vinnig in koue koffie.
Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.
Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermintcrisp.

Korslose Souttert (Amanda Viljoen)
250 gm koue vleis (enige soort)
250 gm gerasperde cheddar kaas
2 koppie melk
2 teel mosterd
2 teel pietersielie
sout en peper
4 eiers
2 teel fyn ui
2 eeteel meelblom
Meng alles in gesmeerde bak. Bak in 'n matige oond tot gestol.

Maaskaas Tert
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie kondense melk
1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep gebruik hulle vanilla kitspoeding, maar jy kan ander geure ook gebruik en dan
gee dit 'n heel ander en lekker smaak aan die tert)
1 pakkie Marie beskuitjies
Botter
Kaneel
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.
Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.
Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi 'n bietjie kaneel by.
Vat 'n tert bord, druk die koekie mengsel plat op die bodem.
Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.
Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op sit of gebruik sommer 'n flake wat fyn gemaak is.
Sit dit in die yskas om te stol.