Resepte Afrikaans - Maalvleis Geregte 2                        Na: Uit die Kombuis                      Home

Maalvleis Geregte 2 - GEROOSTERDE VLEISKOEKIES

500g gemaalde beesvleis
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
1ml droë tiemie
30ml gekapte pietersielie
15ml wynasyn
Metode: Meng al die bestandele liggies, maar deeglik.  Vorm in 6 plak koekies en panrooster of oondrooster tot verlangde
graad van gaarheid.  Sit voor saam met een van die volgende souse:
Suikermieliesous: Sorteer 1 klein gekapte ui in 15ml kookolie.  Voeg 1 x 250g-geblikte suikermielies en 5ml aange-
maakte mosterd by.
Variasie: Gebruik 1 blik bone in tamatiesous in plaas van suikermielies.
Uiesous: Sorteer 2 groot uie in ringe gesny, in 15ml kookolie.  Verwyder van hitte en roer 15ml koekmeelblom in.  
Verhit 15ml asyn en 125ml water en voeg by uie.  Geur met sout en peper en prut vir 5minute.
Komkommersous: Meng saam en verkoel in yskas: 1 middelslag komkommer fyngekap, 1 klein ui fyngekap, 10ml
aangemaakte mosterd, 125ml mayonnaise, 2ml sout, 1ml peper.