Resepte Afrikaans - Maalvleis Geregte 1                         Na: Uit die Kombuis                      Home

Maalvleis Geregte 1 - PANNEKOEK MET VULSELS

Beslag: Plaas in 'n mengbak: 95g koekmeelblom(200ml), 200ml melk, 3 eiers, 75ml water, 5ml bakpoeier en 2ml sout
en klits tot al die bestanddele goed gemeng is.  Voeg 30ml gesmelte botter by.  Laat staan een uur voordat pannekoek
gebak word.  Sit pannekoeke voor met enige van die volgende vulsels:
VULSELS VIR PANNEKOEK:
Sampioenvulsel:
250g gemaalde beesvleis
15ml kookolie
125ml salotte, in dun skywe gesny
125ml vars sampioene in dun skywe gesny
50ml fyngekapte seldery
10ml mielieblom
5ml suiker
2ml sout
15ml droë sjerrie
10ml sojasous
Metode:  Braai vleis tot dit verkleur in verhitte kookolie.  Voeg salotte, sampioene en seldery by.  Voeg mielieblom by en
laat effens braai.  Voeg res van bestandele by en laat sowat 10 minute prut.
Spaanse beesvleissous:
250g gemaalde beesvleis
15ml kookolie
1 ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
2 groot tamaties, geskil en gekap
50 ml gekapte seldery
50ml pitlose rosyne
30ml droë witwyn
4ml sout
2ml droë orego
2ml suiker
varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode: Braai vleis in verhitte kookolie tot dit verkleur.  Voeg ui en knoffel by en sorteer.  Voeg res van bestandele by
en prut totdat vleis sag is (10 porsies)