Resepte Afrikaans - Maalvleis Geregte 3                        Na: Uit die Kombuis                     Home

Maalvleis Geregte 3 - HEERLIKE FRIKKADELRESEP

500 g gemaalde beesvleis
1 sny brood geweek in 100 ml melk of vleisaftreksel
1 klein ui, gekap
5 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper
1 ml fyn naeltjies
1 ml gerasperde neutmuskaat
30 ml wynasyn
Metode: Krummel brood en voeg by vleis tesame met die res van die bestanddele. Meng liggies met n vurk en vorm in
vleiskoekies. Rooster onder element van oond tot gaar.
Sit dadelik voor.