Resepte Afrikaans - Maalvleis Geregte 5                        Na: Uit die Kombuis                        Home

Maalvleis Geregte 5 - LASAGNE

750 g gemaalde beesvleis
15 ml kookolie
3 uie, gekap,
1 knoffelhuisie
1 x 425 g blik ingemaakte tamaties
50 ml tamatiepasta
10 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper
15 ml bruinsuiker
5 ml droe of 15 ml vars basillie
250 ml droe rooiwyn, verhit
750 g lasagne-noedels
75 g Parmesaan-kaas, gerasper
150 g Mozzarellakaas in dobbelsteentjies gesny

Béchamelsous:
2 klein wortels
1 ui
2 selderystingels
3 swartpeperkorrels
knippie foelie
500 ml melk
50 ml koekmeelblom
50 ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode: Soteer uie in verhitte kookolie. Voeg vleis by en braai liggies. Voeg oorblywende bestanddele by behalwe
lasagne-noedels en kaas. Plaas deksel op en prut liggies vir 1 uur.
Berei intussen Béchamelsous: Verhit melk, groente en geurmiddels. Syg gegeurde melk deur n puntsif en hou eenkant.
Smelt botter in n swaarboomkastrol oor lae hitte.
Voeg meel by en meng goed. Voeg nou gegeurde melk geleidelik by die roux. Bring tot kookpunt en laat 5 minute lank
stadig kook. Roer gedurig. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Lasagne:
Gebruik n groot kastrol, halfvol kokende soutwater en kook lasagne-noedels een vir een n minuut lank vinnig. Dreineer,
en spoel af onder koue water. Dreineer weer en plaas op n skoon kombuisvadoek om af te droog. Smeer n diep oond-
skottel met botter en rangskik n laag gaar noedels op die bodem. Skep n laag vleissous oor, gevolg deur n laag
Béchamelsous. Sprinkel n bietjie Mozzarellakaas bo-oor.
Herhaal die lae totdat al die bestanddele gebruik is. Eindig met n laag Béchamelsous. Strooi Parmesaan-kaas bo-oor.
Bak plus minus 20 minute lank by 180°C.