Resepte Afrikaans - Maalvleis Geregte 6                       Na: Uit die Kombuis                      Home

Maalvleis Geregte 6 - BEESVLEIS-ROULADE

400 g spinasie
15 ml botter
15 ml water
3 eiers, geskei
1 ml sout
knippie varsgemaalde swartpeper
100 g gerasperde Cheddarkaas ( 250 ml)

Vulsel:
200 g gaar gemaalde beesvleis
200 g vars sampioene, in skywe gesny
15 ml botter
30 ml koekmeelblom
125 ml melk
30 ml room
3 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper
1 ml gerasperde neutmuskaat

Metode: Plaas spinasie, botter en water in n kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 5 - 8 minute. dreineer en
versap. Klits eiergele liggies en voeg by spinasie. Voeg sout en peper by. Meng liggies. Vou styfgeklitste eierwit in.
Giet uit in n voorbereide rolkoekpan. Strooi helfde van kaas bo-op. Bak by 200°C vir 10-15 minute.
Berei intussen vulsel soos volg voor: Soteer sampioene in verhitte botter. Roer koekmeelblom in, voeg verhitte melk
geleidelik by. Verhit tot kookpunt en roer aanhoudend tot dik. Voeg vleis by, verhit deeglik. Voeg room, sout, peper en
neutmuskaat by. Strooi orige kaas op was- of botterpapier. Keer roulade daarop uit. Smeer vulsel bo-op roulade, rol op
en sit dadelik voor.