Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappel Hoofgeregte 1

Menati
(Ligte middag- of aandgereg wat in die oggend berei kan word, in die  koelkas gebere word en 20min. voor ete gebak kan word.)

2 Repe spekvleis - gekap
100g gekapte ui (250 ml)
1 huisie knoffel - gekap
kookolie
6g meelblom (12,5 ml)
500ml tamatiepuree
150ml water
5g sout (5ml)
1ml rissiesous
500mg droë tiemie (1 ml)
5g bruinsuiker (5 ml)
320g grofgekapte ham (500 ml)
600g gaar aartappelblokkies (750 ml)
5g gekapte pietersielie (12,5 ml)
32g gerasperde Cheddar-kaas (100 ml)

Metode:
Braai die spekvleis, uie en knoffel effens bruin in `n bietjie olie.  Roer die meelblom in asook die tamatiepuree en die water.  
Roer en pruttel ongeveer  3min. lank.  Geur met die sout, rissiesous, tiemie en suiker.  Roer die ham en aartappel by en
skep in `n gesmeerde bakskottel.  Strooi eers die pietersielie oor en dan die kaas.  Bak 180°C, 20min. lank totdat die gereg
bo-op ligbruin is.  Die tamatiepuree word verkry deur 6 groot, ryp tamaties stukkend te sny, op te kook en deur `n sif te druk.

Gesmoorde vleis met aartappels
12 skaap- of varkjops
10g sout (10 ml)
500mg peper (1 ml)
Meelblom
37,5ml kookolie
6 medium aartappels - geskil
6 klein tamaties - geskil
6 medium uie
60g droë broodkrummels (125 ml)

Metode:
Strooi sout, peper en meelblom oor die tjops en braai goudbruin aan beide kante, in die olie. Plaas ie tjops in `n kasserol.  
Berei van meelblom, `n bietjie sous in die pan en giet dit oor die vleis.  Strooi droë broodkrummels oor.  Indien verkies, kan
`n biejie suurlemoensap bygevoeg word.  Plaas die deksel op en bak 180°C ongeveer 1 uur.  Sit warm voor.