Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappel as groente

Anna-Aartappels
400g aartappelblokkies (500 ml)
2 klein heel uie
5g sout (5 ml)
250ml witsous
32g gerasperde Cheddarkaas

Metode:
Koos die uitjies in `n bietjie water tot amper sag.  Voeg die aartappelblokkies en die sout by en kook totdat die ui sowel as
die aartappel sag is.  Skep in `n bakskottel, bedek met die witsous en strooi die kaas oor.  Bak 200° C tot effens bruin.

Aartappels met Blatjang
6 groot aartappels
165g mielimeel (250 ml)
5g sout (5 ml)
1 eier
25 ml water
250ml blatjang
kookolie vir diepvetbraai

Metode:
Skil die aartappel en sny in dik skywe.  Doop elke skyf eers in die mieliemeel wat met die sout gemeng is, dan in die
geklopte eier en water en dan weer in die mieliemeel.  Braai in warm diepolie, 200°C vir ongeveer 4-5min.  Dreineer op
gekreukelde papier en sit voor met blatjan by, bv. Gebraaide vleis.

Aartappelkrokette
660g fynaartappel (750 ml)
2 eiers - geklop
30g botter (37,5 ml) - gesmelt
5g sout (5 ml)
500mg rooipeper (1 ml)
5g fyngekapte pietersielie (12,5 ml)
kookolie vir diepvetbraai

Metode:
Meng al die bestandele en klop deeglik.  Vorm in krokette en braai in diepolie tot goudbruin.
Vir `n variasie kan 3 eetlepels gerasperde Cheddar-kaas bygeroer word.

Aartappelgebak
440g fynaartappel (500 ml)
125ml melk
2 eiers - geklop
5g sout (5 ml)
40g gerasperde Cheddar-kaas (125 ml)

Metode:
Meng al die bestandele deeglik.  Skep die mengsel in `n gesmeerde bakskottel.  Bak 180°C tot goudbruin.