Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappelslaaie en slaaisouse 2

Aartappel-eierslaai
600g gaar aartappelblokkies (750 ml)
3 hardgekookte eiers - grofgekap
1 klein ui - fyngekap
6 kapperjiesade - fyngekap of
½ soetrissie - fyngekap
slaaisous
bereide slaaiblare
gekapte pietersielie

Metode:
Meng die aartappel, eier, ui en soetrissie of kappertjiesaad en genoeg slaaisous om die mengsel aan te klam.  Skep op
slaaiblare en garner met gekapte pietersielie.

Outydse slaaisous
650mg mosterd (2 ml)
2g sout (2 ml)
500mg peper (1 ml)
30g bruinsuiker (37,5 ml)
2 eiers geklop
37,5ml druiweasyn

Metode:
Meng al die bestandele en klits met `n eierklitser.  Verhit en roer die mengsel in `n dubbelkoker oor lae temperatuur, totdat
die sous net dik word.  Moet dit nie laat kook nie; dit sal skif.


Mayonnaise
650mg mosterd (2 ml)
5g suiker (5 ml)
2g sout (2 ml)
500mg rooipeper (1 ml)
1 eiergeel
12,5ml asyn
150ml slaaiolie
12,5ml suurlemoensap

Metode:
Meng die droë bestandele in `n diep mengbak.  Roer die eiergeel by en dan die asyn, klits deeglik met  `n eierklitser, terwyl
15ml olie druppel vir druppel bygevoeg word.  Klits dan die res van die olie geleidelik by totdat die mengsel dik word.  Roer
die suurlemoensap by en voeg meer by indien die mengsel té dik is.  Die mayonnaise moet styf genoeg wees om sy vorm te
behou.  As die mayonnaise skif (gewoonlik omdat die olie té vinnig bygevoeg word)  plaas dan `n eiergeel in `n mengbak en
klits die geskfite mayonnaise geleidelik by.