Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappel Geregte in Engeland en Ierland

Engeland

Corniese Pasteitjies
500g aartappels
500g sagte vleis, in dobbelsteentjies gesny
1 medium ui - grofgekap
10g sout (10 ml)
500mg peper (1 ml)
500g meelblom (1 liter)
250g botter (275 ml)
yswater

Metode:
Skil die aartappels dun en sny in dobbelsteentjies.  Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper by.  Berei `n borstertdeeg
van die meelblom, botter, sout en yswater.  Rol die deeg 5mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels.  Skep ? van die
vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel.  Kwas die kante met koue water.  Vou die deeg oor die vleis sodat die kante
opmekaar pas.  Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm.  Kwas met melk of verdunde eier.  Bak 200° C,
15 min.  Skakel die oond laer na 180° C en bak `n verdure 20 min. om te verseker dat die vulsel gaar word.

Ierland

“Colcannon”
Gebruik gelyke hoeveelhede gaar kool en gaar aartappels.  Druk die aartappels fyn en kap die kool fyn.  Smelt vir elke 500g
groente omtrent 10g botter (25 ml) in `n braaipan.  Voeg die groente, sout en peper na smaak by en roer goed.  Verhit tot
deurwarm en sit dadelik voor.

Die fyngemaakte aartappel en kool kan, indien verkies, in `n gesmeerde bakskottel geskep word.  Stip met botter en strooi gerasperde kaas oor.  Laat toe om in `n voorafverhitte oond (180° C) bruin te word.