Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappel Geregte in Spanje en Duitsland

Spanje

“Patatas A L'Aprovenzal”
625g aartappels
500g uie - gesny
500g tamaties - geskil, in skywe
8g gerasperde kaas (25 ml)
5g sout (5 ml)
25ml olyfolie

Metode:
Skil die aartappels dun af en sny in skywe.  Kook 15min.  Sorteer die ui tot helder.  Skep afwisselende lae van ui,
tamatieskywe, kaas en aartappelskywe in `n gesmeerde bakskottel.  Geur elke tamatielaag met sout, eindig met `n
lag ui, sprinkel met olyfolie en baik 180° C, 30 min.

Duitsland

Boere-ontbyt
500g aartappels
250g spekvleis - in blokkies gesny
3 medium uie - fyngekap
5 eiers - goedgeklop

Metode:
Kook die aartappels in die skil tot halfgaar maar nog stewig.  Skil, sny in dun skywe en hou warm.  Braai die spek tot helder
en giet die oortollige olie af.  Skep `n lag uie bo-op die spek.  Bedek en pruttel oor matige temperatuur, 10 - 15 min. sonder
om te roer.  Roer die mengsel en pruttel nog 2-3 min.  Skep die aartappelskywe bo-op die uie-spekmengsel, bedek en
pruttel 5min.  Roer versigtig sonder om die aartappel te breek.  Skep uit in `n gesmeerde bakskottel, giet die eier bo-oor
en bak 180° C, totdat die eier gestol is.  Sit dadelik voor.