Resepte Afrikaans - Lepelsteeltjies                                   Na: Uit die Kombuis                            Home

Lepelsteeltjies (sout koekies)

275g (500ml) koekmeelblom
2ml sout
1ml bakpoeier
250g (625ml) fyn gerasperde cheddar kaas.
250g botter/margarine
60ml fyn appelkooskonfyt

Sif meel, sout, bakpoeier saam.  Voeg kaas by en meng.  Voeg smeer by en meng tot `n deeg.  
Rol okkerneut groot balletjies en plaas dit in die holte van `n kolwyntjie pan.  Druk gaaitjie met
sttel van lepel in deeg en sit konfyt in - moet nie gat dwarsdeur druk nie.
Bak koekies sowat 15min in `n voorverhite oond 200°C (400°F).
Laat afkoel.
Bewaar in digte houer.  Voor opdiening kan gaaitjies met nog `n bietjie konfynt gevul word.
Lewer 60 koekies.