Die ware verhaal rondom die Kruger Miljoene
Die verwydering van goud uit die S.A. Munt voor die val van Pretoria - 4 Junie 1900
Om mee te begin, goudmyne onder beheer van die destydse ZAR het op 'n beperkte skaal goud ontgin. Van-
daar is die goud na die munt in Pretoria geneem.
Met die besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 deur Britse soldate vind Lord Alfred Milner (1852 - 1925) dat
goud, sommige van dit in half gemunte vorm ter waarde van duisende Ponde uit die S.A. Munt en die Nasionale
Bank verwyder is. Die hoeveelheid goud en die waarde daarvan....wel, daaroor bestaan verskeie menings, soos
die van Eli Levine, outeur van The Coinage and Couterfeits of the Zuid Afrikaanshe Republiek.
Wat het van die goud geword?
Vele verhale rondom hierdie goud doen die rondte.
Eli Levine het geglo dat Pres. Kruger dit of die meeste daarvan saam met hom op die skip Gelderland geneem
het. Dit is egter hoogs onwaarskynlik.
Dan is daar ook sprake van goud wat in 'n spesifieke stadium (waarskynlik in Julie 1900) direk na Europa ver-
send was, want word gesê, die Duitse stoomskip Bundersrath het 30 kiste goud van Lourence Marques na
Hamburg vervoer. Twee maande later is 'n verdere 100 kiste op 'n ander Duitse skip gelaai.
Some of the largest gold mines in the world were held within Boer territory and during the Second Boer war
much of this gold was sent by rail through the neutral Portuguese harbor of Lourenco Marques (now Maputo),
Mozambique to pay for arms and munitions. In the closing months of the war, some of this gold was shipped
to Holland for Boer exiles fleeing the Transvaal, including President Paul Kruger.
Verhale rondom goud uit die ZAR myne word selfs verder teruggevoer. Die jaar 1898
Daar word ook gepraat van 'n eerste helfde van die staatsskat wat reeds in 1898 na die hawestad Lourenco
Marques (vandag Maputo), die Portugese Kolonie Mocambique gebring en op drie skepe gelaai is, kiste vol
goud en rou diamante - geeneen van die skepe bereik hul bestemming nie, aldus die volgende Duitse uittreksel.
Die erste Hälfte des Staatsschatzes wurde schon 1898 in die Hafenstadt Laurenco Marques (heute Maputo),
der portugiesischen Kolonie Mocambique, gebracht und auf drei Schiffe geladen, welche die Kisten voll Gold
und Rohdiamanten außer Landes bringen sollten - keines erreichte seinen Bestimmungsort.
Die volgende gedeelte sê dat die eerste skip tydens 'n warrelwind op see gesink het. Die tweede skip se man-
skappe het oorgegaan tot muitery, vermoor die kaptein en verdwyn. Die derde skip Dorothea vergaan by Kaap
St.Lucia in 'n storm. Die skip breek in twee dele en sink byna dadelik. Die meeste matrose ontkom in
reddingsbote. Die Dorothea lê in dieper waters. Die see is so stormagtig, dat die vele pogings om dit te
"berg" gefaal het.
Eines kam in einen Wirbelsturm und sank - man weiß nicht einmal genau wo. Die wenigen Überlebenden
der Katastrophe vermochten keine genauen Angaben zu machen. Auf dem zweiten Schiff meuterte die Mann-
schaft, tötete den Kapitän und verschwand.
Das dritte Schiff, die "Dorothea", wurde vor Kap St. Lucia ebenfalls Opfer eines Sturmes. Es brach in zwei
Teile und sank fast augenblicklich. Dennoch gelang es den meisten Matrosen, in den Rettungsbooten zu
entkommen.
Die "Dorothea" liegt in großer Tiefe. Die See ist vor dem Kap ständig so schwer, daß die wenigen Versuche
zu ihrer Bergung gescheitert sind.