Resepte Afrikaans - Kaapse Pampoenbredie                         Na: Uit die Kombuis                    Home

Kaapse Pampoenbredie
500g Lamsbors, in porsies gesny
500g Lamslies, in porsies gsny
2 groot uie, gekap
1 Knoffelhuis, gekneus
2 Kruinaeltjies
5ml Sout
125ml Vleisaftreksel
500g tot 1kg pampoen, geskil en in stukke gesny

Metode
Braai vleis bruin in n verhitte swaarboomkastrol sonder om kookolie by te voeg. Voeg ui en knoffel by en soteer totdat
ui deurskynend is. Voeg al die ander bestanddele behalwe die pampoen by, plaas deksel op en prut totdat vleis
amper sag is. Plaas pampoen ongeveer 30 minute voor bediening bo-op vleis en prut tot sag. ( 8 Porsies)
NB. Moenie n waterige pampoen gebruik nie.