Resepte Afrikaans - n Lamspotjie                                 Na: Uit die Kombuis                         Home

Geurige Lamspotjie
750g Lamsdikrib, in 25mm blokkies gsny
8 Lamsniertjies, gehalveer, kern en membraan verwyder ( opsioneel)
30ml Kookolie
2 Uie, in skywe gesny
10ml Sout
2ml Varsgemaalde swartpeper
6 Groot aartappels, in skywe gesny
250ml Vleisaftreksel
60ml Tamatiepasta
50ml Suur room ( Opsioneel)
30ml Brandewyn ( Opsioneel)

Metode
Braai vleis bruin in verhitte kookolie in n driepootpotjie oor matige hitte. Voeg ui by en soteer tot deurskynend.
Sprinkel sout en peper oor. Pak aartappelskywe bo-op. Verhit vleisaftreksel en tamatiepasta saam en voeg by vleis.
Plaas deksel op prut totdat vleis sag en gaar is. Net voor bediening word suur room en brandewyn bygevoeg
en goed deurgevoer. Sit voor met droëvrugte. ( 6 Porsies)