Sjokolade-dadelkoek                                                                       Na: Uit die Kombuis                                                  Home

Hier is nou iets heerlik vir daardie spesiale geleendheid.

Bestandele:
1 pak ontpitte dadels                                            125ml uitgedopte okkerneut helfdes
250ml kookwater                                                    50ml kakao
500ml koekmeelblom                                            1ml sout
5ml koeksoda                                                         250ml mayonnaise
250ml goue bruin suiker
5ml vanieljegeursel

Metode:
Kap dadels en okkerneute grof.  Voeg kookwater by, roer om en laat eenkant
om af te koel.  Voorverhit oond tot 190°C.  Smeer 'n vierkantige pan van
23 x 23 x5cm en bestuif met koekmeelblom, of bespuit die pan met nie-kleefmiddel.
Sif koekmeelblom, kakao, koeksoda en sout saam in 'n groot mengbak.  Voeg
suiker by en meng.  Maak 'n holte in die middel van die mengsel en gooi die
dadelmengsel, mayonnais en vanieljegeursel daarin.  Roer met 'n houtlepel
tot gemeng; moenie teveel roer nie.  Gooi deeg in pan en bak 45min of tot gaar;
die oondrak moet in die middel van die oond wees.  Laat afkoel in pan.
Keer uit en sny in vierkante.  Dis lekker saam met 'n skeppie versoeteroom.
Lewer sowat 16 stukke