Resepte Afrikaans - Heerlike Beskuit 1                        Na: Uit die Kombuis                         Home

2 Kilo Bruismeel
8k Semels
1 1/2k Klapper
3 1/3t Bakpoeier
3k Suiker
4t Sout
1kg Marvello Of Ander Margerien
6 Eiers
1 Liter Karring melk
2k Rosyne
Meng droë bestandele in groot skottel. (Sonder die rosyne)
Smelt Marvello.
Klits die 6 eiers by (Gebruik `n elektriese handmenger)
Klits die karringmelk by.
Voeg by droë bestandele en meng goed.
Dit hoef nie geknie te word nie.
Voeg die rosyne by.
Plaas in gesmeerde broodpanne en vir ongeveer 1 uur by 180°C
Ongeveer 4 groot broodpanne
Die rosyne kan heeltemal uitgelaat word of verminder word na smaak.
Keer die brode uit op afkoel rakke en laat heeltemal koud word.
Sny in vingers en droog uit in die oond.
60°C 80°C.
As die brode eers die volgende dag gesny word, dan krummel dit minder.