Resepte Afrikaans - Heerlike Beskuit 2                           Na: Uit die Kombuis                      Home
1 Kg Bruismeel
8 X 250 Ml Semels
500 Ml Witsuiker
5 Ml Sout
500 Gr Margarien of bottter
1 Liter room
Verhit oond tot 180°C
Smeer twee rolkoekpanne van 40 X 27 X 2
Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam
Frummel die smeer daarin
Voeg die room by en meng goed
Druk deeg eweredig met spaan in panne
Sny die deeg in vierkante van ongeveer 4 X 6cm
Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin
Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel
Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek
Droog beskuit uit in koel oond
(Voer panne uit met waspapier of bakpapier want die beskuit is baie bros en geneig om vas te sit.
As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word)