Kool frikkadelle                                                Na: Uit die Kombuis                      Home

1 groot koolkop
3 uie, fyn gekap
1kg maalvleis
speserye vir vleis
250ml witwyn
1 pak spekvleis, gesnipper
250g sampioene
sout en peper
2 ekstra groot eiers

Voorverhit die oond tot 180°C, en smeer 'n oondbak. Trek die buiteblare van die koolkop af en kook die hele koolkop
ongeveer 10 minute lank in kokende soutwater totdat die blare net sag is. Verwyder van die hitte en laat staan in
water tot effens afgekoel. Braai die spekvleis, sampioene en uie tot net gaar. Skep onder in die mengbak. Meng
die maalvleis, sout, peper en speserye na smaak met die eiers en vorm frikkadelle. Rol elke frikkadel in een of
twee koolblare toe en rangskik op die spekmengsel. Herhaal totdat alles opgebruik is. Giet die wyn oor, bedek
met foelie en bak ongeveer 1 uur tot die frikkadelle gaar is. Verwyder die foelie 10 minute voor die baktyd verstreke
is.
Lewer 6 - 8 porsies.