Ouma Corrie se skaapboud                                          Na: Uit die Kombuis                      Home

500ml water
5ml uievlokkies of 1 ui gekap
7.5ml mosterdpoeier
5ml swartpeper
2 knoffelhuisies
25ml meelblom
50ml tamatiesous
25ml blatjang
10ml suiker
1ml tabascosous
1 vleisekstrakblokkie
10ml sout
7.5ml fyn gemmer
2kg skaapboud
25ml olie
25ml worcestersous
37.5ml botter of margarien, gesmelt
5ml asyn
10ml mielieblom

Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 minute lank saam te kook en dit dan
deur 'n sif te gooi. Ook 'n dag te vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor
die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200°C. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die
knoffel op verskeie plekke naby die been in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan
en plaas die vleis op 'n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis 'n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien
minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige
dag berei is, met die tamatiesous, worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en tabascosous te meng.
Verdik die sous met die mielieblom wat met 'n biejie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.