Hertzoggies                                   Na: Uit die Kombuis                                     Home

Smullekker Hertzoggies soos ons dit geken het in die goeie ou dae.

Kors
450ml Koekmeelblom
10ml Bakpoeier
125g Margarien
15ml Koue water of melk
37.5ml Strooisuiker
1ml Sout
3 Eiergele van ekstra groot eiers

Vulsel
75ml Fyn appelkooskonfyt
300ml Suiker
3 Eierwitte van ekstra groot eiers
500ml Fyn klapper

Metode
Sif koekmeelblom, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Vryf botter ligies met die vingers
daarin tot goed gemeng. Klits eiergele en water effens, voeg nog 'n bietjie water of melk by
as die deeg styf is. Knie goed, bedek en laat 'n rukkie eenkant om te rus. Rol deeg dun uit
op 'n deegplank wat met meel bestrooi is. Druk groot sirkels met 'n koekiedrukker af en
plaas in die holtes van groot kolwyntjiepanne. Skep 'n klontjie appelkooskonfyt in die
middel van elke sirkel. Klits eierwitte tot goed styf. Klits suiker geleidelik by. Roer klapper by.
Skep lepels vol vulsel op appelkooskonfyt in sirkels. Bak 20 - 25 minute in voorverhitte oond
by 180°C. Haal versigtig uit panne en laat afkoel op 'n draadrak. Lewer 30 koekies.