Home
Resepte

Kid's Birthday Party Recipes
Easter Recipe For Kids
Fun Snacks for Kids - Make it Mini
Kinder en Tienerpartyjies
Partytjie Speletjies 1
Partytjie Speletjies 2


Partytjie Speletjies 1


Geen kinder partytjie kan volledig wees sonder speletjies nie. Aan die ander kant hou dit hulle ook besig. Kinders kan nie stil sit nie. Hulle is lewendig. Daarom verg dit goeie beplanning om met die regte speletjies vorendag te kom. Ouderdomme van kinders moet ook in gedagte gehou word. In geval van die meeste van die speletjies kan ouers meedoen tot groot vermaak van die kinders.

Hier is 'n aantal speletjies
Pretdrag
Voorsien die kinders met allerlei snaaksighede soos false snorre, brille, pruike, klere, skoene, ens. Elkeen kan sy/haar se uitrusting vertoon.
Ten einde word fotos van die kinders in hul uitrusting geneem wat hulle saam met hulle huistoe neem as herrinering van die partytjie.

Maak bewegings na
Kinders staan in 'n sirkel met een kind in die middel, verkieslik die verjaarsdag maatjie.
Hy/sy maak 'n aantal bewegings soos byvoorbeeld met die hande of bene waarna hy/sy uit die kring beweeg en deur 'n volgende maatjie in die middel vervang word. Hiedie maatjie moet die bewegings van die vorige maatjie na maak en 'n ekstra beweging byvoeg.
So volg die spel met elke kind - maak al die bewegings na en voeg 'n ekstra by.
Wanneer 'n kind nie al die bewegings kan na maak nie val hy uit.

Hindernis wedloop
Die idee hier is om die wedloop in die vinnigste tyd te voltooi.
Skep 'n hindernis baan. Plaas stoele op strategiese punte waaronder deur 'n kind moet kruip. As daar 'n boom is, laat hulle om dit hardloop.
'n Bal word gerol oor 'n kort afstand, ens.
Nog meer idees kan ingevoeg word om uiteindelik die hindernis heel opwindend te maak.
Die kind met die vinnigste tyd wen.


Bou een of ander projek
Kinders word hier in groepe verdeel om teen mekaar te kompeteer.
Die groepe vergader by 'n gesamentlike punt. Verder weg is 'n eindbestemmingpunt waar 'n toring of enige ander vorm van 'n huis, gebou of wat ookal voltooi moet word. Gebruik blokkies of wat u ookal verkies daarvoor.
Elke kind kry 'n beurt om na die punt te hardloop, voeg hy/sy se deel in (binne 'n voorafbepaalde tyd) en hardloop dadelik terug.
Die groep wat eerste hul projek voltooi wen.

Bou een of ander projek in die vinnigste tyd
Kinders word weereens in groepe verdeel.
'n Toring met blokkies of wat u ookal in gedagte het word gebou.
Die groep wat die projek in die vinnigste tyd voltooi wen.

Kies 'n item
Gebruik hier 'n aantal items (10 sal doen) soos 'n pen, potlood, 'n lekker, ens. Die items word aan die kinders vertoon waarna elke item onder 'n houer geplaas word. Die kinders mag nie sien watter item gaan onder watter houer nie.
Elke kind kry nou 'n kans om te raai watter item onder watter houer is.
Die een met die mees korrekte antwoorde wen.

Geheue
Neem weer 'n aantal items (10 sal doen). Gooi alles in 'n hoed of enige ander houer.
Gee die kinders sowat 'n minuut om te sien watter items in die houer is. Neem die houer weg.
Nou moet die kinders raai watter items in die houer is. Die een met die mees korrekte antwoorde wen.

Warm patat
Plaas die kinders in 'n sirkel. Hier kan van enige item gebruik gemaak word. Speel musiek terwyl die kinders die item aangee in die sirkel. Stop die musiek en wie die item het moet uitsit. Speel voort totdat een kind oor is. Hy wen.


Vind die item
Verdeel kinders in groepe.
Elke groep kry 'n groot houer gevul met een of ander sagte bestanddeel. Binne die bestanddeel word klein items versteek.
Kinders moet in die bestanddeel na die items binne 'n spesifieke tyd soek. Die met die meeste items wen.

Ballon bars
Elke kind kry 5 ballonne elkeen geheg aan 'n meter lange tou.
Die doel is om mekaar se ballonne te bars. Die een wat einde ten laaste nog 'n opgeblaasde ballon het wen.

Musikale geskenk
Kinders moet in 'n sirkel sit. Musiek word gespeel terwyl 'n geskenk van die een kind na 'n ander aangegee word.
Wanneer die musiek stop kan die kind wat die geskenk het dit hou. Die speletjie kan voortduur totdat elkeen 'n geskenk het.