LEKKER JELLIE                               Uit die Kombuis                                         Home

Sommer iets heeltemal anders

1 pakkie jelliepoeier
500 ml kookwater
Knippie sout
37,5 ml vlapoeier
1. Meng die jelliepoeier met die kookwater in 'n kastrol oor lae hitte en
voeg die sout by.
2. Meng die vlapoeier met 'n bietjie koue water en roer by die
jelliemengsel in.
3. Roer die mengsel totdat dit kook.
4. Giet uit in 'n bak en laat afkoel.
5. Plaas in die yskas totdat die jellie gestol is.