APPELTERT NAGEREG                            Uit die Kombuis                                         Home

'n Mens se mond water net deur aan die nagereg te dink.

4 eiers
375 ml suiker
60 ml margarien
250 ml kookwater
10 ml vanieljegeursel
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
Knippie sout
1 blik klein tertappels, gesnipper
1. Klits die eiers en suiker tot romerig.
2. Voeg die margarien, kookwater en geursel by en klits goed deur.
3. Voeg die koekmeelblom, bakpoeier, en sout by en meng goed.
4. Die deeg sal loperig wees.
5. Gooi die deeg in 'n gesmeerde oondpan.
6. Gooi die tertappels bo-op die deeg.
7. Bak vir 30 minute by 180°C.
Sous:
250 ml water
250 ml melk
375 ml suiker
10 ml vanieljegeursel
60 ml margarien
1. Kook alles saam en gooi oor gaar tert.
2. Plaas terug in die warm oond vir 5 minute.
3. Versier met styfgeklopte room of bedien met roomys of vla.