HEERLIKE POEDING                               Uit die Kombuis                                         Home

Die naam van die poeding is "heerlike poeding." Dan moet dit heerlik wees.

250 ml koekmeelblom
1 eier
125 ml suiker
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
Knippie sout
25 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml asyn
250 ml melk
1. Klits eier en suiker baie goed saam tot lig en donsig.
2. Voeg meel, bakpoeier, koeksoda, sout, konfyt en asyn by en meng
goed.
3. Roer melk by tot 'n gladde beslag.
4. Gooi in pan en bak 45 minute by 180°C.
Sous:
250 ml suiker
125 ml kookwater
250 ml Idealmelk
60 ml margarien
5 ml vanieljegeursel
1. Verhit al die bestanddele en gooi oor poeding net na dit uit die oond
gehaal is.
2. Sit voor met room of warm vla.