AARBEIPOEDING                              Uit die Kombuis                                         Home

Die regte geleendheid aarbeipoeding

1 pakkie aarbeijelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml Idealmelk, oornag in yskas verkoel
20 ml suiker
30 ml fyn aarbeikonfyt
1. Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat afkoel.
2. Klits die Idealmelk tot styf en klop die jellie en die res van
die bestanddele daarby in.
3. Klop minstens 5 minute lank.
4. Plaas in die yskas om te stol.