KOUE SAGO-POEDING                                 Uit die Kombuis                                         Home

Nog 'n ander heerlike poeding.

1 pakkie pynappeljellie
45 ml sago
45 ml suiker
2 eiers, geskei
375 ml koue water
500 ml melk
Knippie sout
1. Week jellie in 125 ml koue water.
2. Week sago in 'n ander bak in 125 ml water vir minstens 10 minute.
3. Bring melk met ander 125 ml water tot kookpunt.
4. Sodra dit kook voeg die sago en water by.
5. Kook totdat sago deurskynend is en gaar.
6. Klop eiergele baie goed en voeg sout en suiker by.
7. Gooi bietjie van sagomengsel hieroor en gooi terug in die kastrol.
8. Kook net op totdat mengsel dikker is en verwyder van hitte.
9. Voeg jellie by. Roer totdat die jellie opgelos is, koel af.
10.Klop eierwitte styf en vou in.
11. Gooi in bak en plaas in yskas.
12.Bedien met room of vla.