Peppermenttert                                 Main page/Hoof bladsy                           Home

Jy kan die resep verdubbel na gelang van die hoeveelheid van jou gaste.

225g Tennisbeskuitjies(1pakkie)
250ml soetwyn of sjerrie
125ml "Orley Whip"
15ml versiersuiker
3ml Peppermentgeursel
100g Kits Karamelpoeding(1pakkie)
375ml Melk
1 Pepperment Crisp sjokolade
(wat nou op die rak is is Moirs se Pepperment crispt poeding wat jy kan
gebruik in die plek van die kits karamelpoeding, dit is ongelooflik heerlik
en smaak net soos pepperment crispt)
Metode:
1. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag daarvan in 'n vierkantige bak.
2. Klits die Orley Whip styf en voeg die versiersuiker en die geursel by.
3. Klits die poeding en melk saam. Voeg dit by die Orley Whip mengsel en
meng alles saam.
4. Skep 'n laag van die vulsel op die beskuitjies en rasper die helfte van
die sjokolade bo-oor.
5. Pak weer die geweekte beskuitjies, bedek dit met die res van die vulsel
en rasper die res van die sjokolade bo-oor.
6. Plaas in koelkas totdat dit styf is.
Geniet!!